Leeus ‘ sal har d veg’ om F ran­co te be­hou

Die Burger - - 24 - Chris­to Bu­ch­ner

“Ons sal dalk maar ’n bank moet be­roof om hom hier te kan hou, maar ons sal hard ba­klei dat Fran­co Mostert ’n Leeu bly.”

Dít was gis­ter die re­ak­sie van S­wys de Bruin, die hoof­af­rig­ter van die Leeus se rug­by­span, op sterk ge­rug­te dat ’n rits En­gel­se klubs wag om sy S­pring­bok­slot af te rok­kel.

Die 26-ja­ri­ge Mostert, wat nou al 15 ver­sky­nings in die S­pring­bok­trui het, se kon­trak met die Goue Leeus Rug­by­u­nie duur nog tot die ein­de van 2018 se Su­per-reeks.

Vol­gens ’n be­rig in The Rugby Pa­per in En­ge­land is daar nie min­der nie as ses klubs wat hard na Mostert vry om sy hand­te­ke­ning op ’n kon­trak te kry.

Glo voor in die koor is B­ris­tol en Glou­ces­ter, die span wat nou deur die Leeus se vo­ri­ge af­rig­ter, Jo­han Ac­ker­mann, af­ge­rig word.

Ac­ker­mann weet wat Mostert vir ’n span be­te­ken en hy sal die goeie ver­hou­ding tus­sen hul­le wil ge­bruik om dié al­om­teen­woor­di­ge slot na sy klub te lok.

An­der klubs wat Mostert ook in hul vi­sier het, is die Lei­ces­ter Ti­gers, Bath, die Wor­ces­ter War­ri­ors en die Sa­le Sharks, die span vir wie Mostert se eer­tyd­se span­maat Faf de K­lerk nou speel.

De Bruin sê Mostert sal sy kon­trak moet na­kom tot ná die vol­gen­de Su­per­reeks. “Ons sal hard ba­klei om te pro­beer ver­se­ker dat hy nie ver­lo­re raak vir die Leeus nie.

“Fran­co is ’n on­ge­loof­lik waar­de­vol­le spe­ler en dit maak net sin om ie­mand van sy ge­hal­te op jou boe­ke te wil hê,” sê De Bruin.

Hy sê daar sal nie toe­ge­laat word dat Mostert vroe­ër van sy kon­trak ont­hef word, soos wat die ge­val met se­ke­re an­der spe­lers, in­slui­tend De K­lerk, die ge­val was nie.

Daar is ’n sterk ge­voel dat die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie die u­nies moet help om se­ker te maak dat spe­lers soos Mostert nie ver­lo­re raak nie.

Die wan­ba­lans tus­sen die pond en die eu­ro teen­oor die rand is só groot dat dit nie ’n reg­ver­di­ge ge­veg is wan­neer u­nies self spe­lers in Suid-A­fri­ka wil hou nie.

Mostert speel tans saam met El­ton Jan­tjies, nog een van die Leeus se S­pring­bok­ke, klu­brug­by in Ja­pan en is dus nie tot Cur­rie­be­ker­rug­by ver­bind nie.

Fran­co Mo stert

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.