AB­hul­le reg vir Tie­re

Die Burger - - 1 - Jo­hann de Jag er

Twee melk­baar­de het die be­le­ër­de Bangla­desj kis ge­kolf in die Tie­re se op­warm­wed­stryd vir die kits­reeks teen die Pro­te­as wat Son­dag in Kim­ber­ley be­gin.

Die 23-ja­ri­ge Ai­den Mar­kram (82, 68b) en die 18-ja­ri­ge Mat­thew B­reet­z­ke (71, 100b) se aan­vangs­ven­noot­skap van 147 van 156 af­le­we­rings het die Suid-A­fri­kaan­se Uit­no­di­ging­span gis­ter in Bloem­fon­tein ge­help om Bangla­desj weg te bê­re.

Die plaas­li­ke elf­tal het met 257/4 in 46.3 boul­beur­te ge­ant­woord na­dat die toer­span vir 255 uit­ge­boul is.

Dié ver­spot mak­li­ke se­ge voor­spel niks goed nie vir die Tie­re wat steeds hul won­de lek na­dat Suid-A­fri­ka die toets­reeks met ’n re­kord­se­ge in die t­wee­de toets in Bloem­fon­tein be­klink het.

Mar­kram het ná die tyd groot lof ge­had vir die jong B­ree­d­z­ke.

“Ek dink sy se­nu­wees het ef­fens ge­knaag, want dit was ’n goeie ge­leent­heid vir hom, maar hy het reg­tig goed ge­kolf.

“Dit was ’n goeie blad, daar was nie te veel draai nie en die bal het lek­ker deur­ge­skiet. Ek dink as ons eer­ste ge­kolf het, sou ons by die 340 of 350 aan­ge­te­ken het.”

Mar­kram wil bit­ter graag nou ook sy een­dag­bui­ging vir Suid-A­fri­ka maak.

“Ek wil be­slis in een of an­der sta­di­um in al die for­ma­te speel. Ek weet nie wan­neer die reg­te tyd sal wees nie, maar ek het ook ’n goeie plan wat een­dag­krie­ket be­tref,” sê hy.

Dit het in ’n sta­di­um ge­lyk of die twee groen­tjies vir JP Du­miny en AB de Vil­liers van brood­no­di­ge kol­f­oe­fe­ning gaan ont­sê voor die een­dag­reeks be­gin.

Die draai­er Na­sir Hos­sain, die ses­de bou­ler wat in­ge­span is, het hul aan­vangs­ven­noot­skap ver­breek. Hy het Mar­kram van sy eie boul­werk af ge­vang ná ’n ef­fens sta­di­ger af­le­we­ring.

Mar­kram sê die af­le­we­ring het ’n bie­tjie ge­sak en hy was nie trots op sy hou nie.

B­reet­z­ke, wat nog net drie eer­ste­rang­se- en drie se­ni­or pro­vin­si­a­le een­dag­wed­stry- de ge­speel het, is la­ter deur die aan­vangs­bou­ler Mashra­fe Mor­ta­za ge­boul.

De Vil­liers (43, 50 b) kon hom in die 31ste beurt aan­sluit by Du­miny (34, 42 b), wat ook dui­de­lik oe­fe­ning wou kry eer­der as om net grens­houe in te ryg.

Een van die en­ke­le hoog­te­pun­te in die Tie­re se kolf­beurt was toe S­ha­kib al Ha­san (68, 67 b) sy te­rug­keer ná sy rus­kans in die toets­reeks met ’n vyf­tig­tal ge­vier het.

Hy het die mar­te­ling in die toets­reeks van­weë sy sab­bats­ver­lof vry­ge­spring.

Al Ha­san het eg­ter aan die ein­de sy paal­tjie gaan staan en weg­smyt soos tal­le van die Tie­re se kol­wers ge­doen het. Hul­le kon heel­wat meer aan­ge­te­ken het op dié kol­wers­pa­ra­dys as dit nie daar­voor was nie.

Fo­to: G ALLO IMA GES

AB de Vil liers het gis ter vir die een­dagr eeks g eslyp met 43 vir die S A Uit­no­di­ging span t een Bangla­desj in Bl oem­fon­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.