Wê­reld­be­ker­bod: Ons sal teen 14:30 weet

Die Burger - - 1 - Ge­or­ge Ger­mis­huy s

Van­dag se ge­hei­me stem­ming om die gas­heer­land vir rug­by se Wê­reld­be­ker-toer­nooi in 2023 te be­paal, sal ’n stryd tus­sen die swaar­ge­wig­te van die Noor­de­li­ke en Sui­de­li­ke Half­rond wees, met klei­ner stre­ke wat uit­ein­de­lik ’n be­pa­len­de in­vloed kan hê.

Ier­land en Frank­ryk het eg­ter ’n steil bult om te klim om as gas­heer vir die s­kou­spel be­ves­tig te word, na­dat Suid-A­fri­ka deur Wê­reld­rug­by as sy voor­keur­kan­di­daat aan­ge­wys is.

Se­dert hier­die aan­kon­di­ging op 31 Ok­to­ber het die t­wee Eu­ro­pe­se kan­di­da­te ’n ver­woe­de stryd teen Suid-A­fri­ka, Wê­reld­rug­by, as­ook die ou­dit­ver­slag wat Suid-A­fri­ka se bod as die bes­te be­vind het, ge­voer.

Ier­land het in ’n om­send­brief aan Wê­reld­rug­by se lid­lan­de daar­op ge­wys dat daar nie van­dag in Lon­den vir die voor­keur­kan­di­daat ge­stem hoef te word nie, ter­wyl Frank­ryk die ver­slag ver­dag ge­maak het. Hoe­wel Wê­reld­rug­by hier­die ak­sies ver­oor­deel het, kan dit, te­sa­me met ge­hei­me stem­wer­wing in raad­sa­le, vir hul­le mo­men­tum gee voor van­dag se stem­pro­ses.

Die drie kan­di­da­te sal mee­ding om 39 stem­me, met ’n meer­der­heid wat no­dig is om as gas­heer be­ves­tig te word.

Hoe­wel die stem­pro­ses een­vou­dig is, is die mag­spel tus­sen die be­trok­ke u­nies al­ler­mins, met die ge­hei­me aard van die stem­me­ry wat ver­de­re in­tri­ge tot die pro­ses ver­leen.

Wê­reld­rug­by se ge­loof­waar­dig­heid as be­heer­lig­gaam vir die spel op in­ter­na­si­o­na­le vlak is ook op die spel in­dien SuidA­fri­ka nie as gas­heer­land aan­ge­wys word nie. Suid-A­fri­ka is ná die on­af­hank­li­ke ou­dit­pro­ses, waar­aan al­le lid­lan­de voor­af ten vol­le ver­bind was, Wê­reld­rug­by se keu­se en ’n stem téén hom sal neer­kom op ’n re­bel­lie in die ge­le­de­re van die be­heer­lig­gaam se lid­lan­de.

Die groot ge­vaar vir Suid-A­fri­ka is eg­ter die on­der­steu­ning wat Ier­land van sy me­de-Se­s­na­sies­lan­de sal kry.

T­he­re­sa May, die B­rit­se pre­mier, het reeds voor die ont­hul­ling van die voor­keur­kan­di­daat haar re­ge­ring se steun aan Ier­land se bod toe­ge­sê.

Dit im­pli­seer dat En­ge­land se mag­ti­ge rug­by­u­nie, die RFU, as­ook Wal­lis en S­kot­land vir Ier­land sal stem. Dit ver­teen­woor­dig ’n noe­mens­waar­di­ge mags­blok vir Ier­land; dié lid­lan­de het elk drie stem­me.

Dis on­se­ker vir wie I­ta­lië, wat aan­vank­lik ook be­oog het om ’n bod vir die 2023-toer­nooi in te dien, sal stem.

Die RFU se waar­skyn­li­ke steun vir Ier­land sal eg­ter nie son­der in­ter­ne stru­we­lin­ge plaas­vind nie, want Bill Beau- mont, hui­di­ge voor­sit­ter van Wê­reld­rug­by, is ook ’n voor­ma­li­ge voor­sit­ter van die RFU.

In­dien die RFU dus nie Wê­reld­rug­by se keu­se be­krag­tig nie, sal dit neer­kom op ’n di­rek­te uit­da­ging van sy ge­sag.

Suid-A­fri­ka, daar­teen­oor, kan ook op die waar­de­vol­le steun van sy ven­no­te in die Sui­de­li­ke Half­rond staat­maak. Nieu-See­land, Ar­gen­ti­nië en Aus­tra­lië het elk ook drie stem­me, hoe­wel dit nie ’n ge­ge­we is dat die Aus­sies vir Suid-A­fri­ka sal stem nie.

Nieu-See­land het aan­ge­dui dat hy vir Wê­reld­rug­by se voor­keur­kan­di­daat sal stem, ter­wyl daar ver­wag word dat Ar­gen­ti­nië ook vir Suid-A­fri­ka sal on­der­steun.

A­gus­tin Pi­chot, ’n le­gen­da­rie­se Ar­gen­tyn­se skrum­ska­kel, is die ad­junk­voor­sit­ter van Wê­reld­rug­by en sal sorg dat sy

S­te­phen Nel l, ons man op die jaar eind­toer, sal van­mid­dag in L on­den w ees w aar die aank on­di­ging ge­doen sal w ord. L ees Net werk24 vir die jong ste nuus .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.