’n Deel van Val­ke se Gup­ta­on­der­soek klaar

Die Burger - - 2 - P­hil­da E s­sop

Die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) se ba­te be­slag­leg­gings een­heid is be­trek by een van die Val­ke se on­der­soe­ke na die om­stre­de Gup­ta­fa­mi­lie se sa­ke.

Lt.genl. Yo­li­sa Ma­ta­ka­ta, hoof van die Val­ke, het gis­ter dié in­lig­ting aan die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor po­li­sie ver­skaf toe die be­stuur van dié on­der­soek­een­heid’ n voor­leg­ging oor die on­wet­ti­ge vloei van geld na die bui­te­land aan LP’s ge­le­wer het.

P­hil­lip Mhlon­go, EFF-LP, het op die ko­mi­tee­sit­ting op­ge­merk dat “een fa­mi­lie die land van­dag ver- krag weens hul na­by­heid aan die pre­si­dent”.

Hy het daar­op ge­wys dat “’n man ANN7 ge­koop het, maar jy kan aan sy skoe­ne sien dat dié man nie die geld kan hê om dit te fi­nan­sier nie. Hy is nou skie­lik die ei­e­naar.

“Waar is die Gup­tas in dié ver­slag? Wat van Ja­c­ques Pauw se boek wat by­na al­les bloot­lê wat ge­beur? Waar is ons geld?” wou hy weet.

Ook dr. Pie­ter Groe­ne­wald, lei­er van die VF Plus, wou weet of daar e­ni­ge ver­band is tus­sen die Gup­tas en die on­wet­ti­ge vloei van geld na die bui­te­land.

Ma­ta­ka­ta het ge­sê die Val­ke is be­sig met ’n on­der­soek na be­we­rings oor dié kwes­sies – te­rug­voe­ring word aan die kla­ers ver­skaf. “As daar e­ni­ge on­wet­ti­ge vloei van geld is, vorm dit deel van die wy­er on­der­soek waar­mee ons be­sig is.”

Groe­ne­wald wou hier­op weet of die Val­ke as deel van die on­der­soek na die Gup­tas e­nig­iets on­wet­tigs ge­vind het, ter­wyl Mhlon­go wou weet of die Val­ke e­ni­ge van die Gup­tas se re­ke­nin­ge ge­sluit het.

Ma­ta­ka­ta het ge­sê sy kan nie be­son­der­he­de oor die on­der­soek be­kend maak nie.

“Dit vorm deel van die wy­er on­der­soek oor die be­we­rings wat on­der­soek word – of dit die on­wet­ti­ge uit­vloei van geld is of geld wat uit Suid-A­fri­ka ge­gaan het na wat­ter land ook al. T­wee­dens, ons werk met die ba­te be­slag­leg­gings een­heid van die NVG om pre­sies dié kwes­sie te han­teer.

“As ons in­lig­ting van an­der lan­de moet ver­soek, doen ons dit van die re­le­van­te land. Ons het ook in­lig­ting in die me­dia ont­vang oor ’n maat­skap­py wat glo deur die FBI on­der­soek word. Hul­le het nou aan ons ge­skryf en vir ons die in­lig­ting ge­gee – so ons on­der­soek dié kwes­sies.”

Op ’n vraag van Groe­ne­wald oor wan­neer die on­der­soek af­ge­han­del sal wees, het Ma­ta­ka­ta ge­ant­woord: “Ons het som­mi­ge van die kwes­sies ge­fi­na­li­seer en dit is nou by die NVG vir ’n be­sluit. Som­mi­ge kwes­sies – daar is baie kwes­sies – word nog on­der­soek. In een been van die on­der­soek het ons nou die kwes­sies na die NVG ver­wys vir ’n be­sluit.”

Lt.genl. Y o­li­sa Ma­tak ata

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.