Mi­nis­ter ‘weet nie wat al­les aan­gaan’

Die Burger - - 2 - L­le­wel­lyn P rin­ce

So­veel fo­ren­sie­se on­der­soe­ke na groot­skaal­se kor­rup­sie by die Pas­sa­sier spoor a­gent­skap van Suid-A­fri­ka (Pra­sa) is tans aan die gang dat die mi­nis­ter van ver­voer self “nie eens weet wat som­mi­ge (van die on­der­soe­kers) doen nie”.

Joe Mas­wan­ga­nyi, die mi­nis­ter, het dié er­ken­ning gis­ter voor die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor ver­voer ge­doen toe hy ver­slag moes doen oor wat tot dus­ver ge­doen is om adv. T­hu­li Ma­don­se­la, voor­ma­li­ge o­pen­ba­re be­sker­mer (OB), se aan­be­ve­lings in haar 2015-ver­slag ge­ti­teld “De­rai­led” toe te pas.

In dié ver­slag is on­der meer aan­be­veel dat al­le kon­trak­te van meer as R10 mil­joen wat toe­ge­ken is in die ter­myn van Lucky Mon­ta­na as Pra­sa se groep­hoof tus­sen 2012 en 2015 on­der­soek moet word.

Dit sluit on­der meer die aan­koop van die om­stre­de S­paans ver­vaar­dig­de A­fro 4000-lo­ko­mo­tie­we in wat nie op die land se spoor­stel­sel pas nie, maar waar­voor Pra­sa reeds so­wat R715 mil­joen be­taal het.

Pra­sa het in­tus­sen ’n nu­we tus­sen­tyd­se di­rek­sie ge­kry. Nie een van die di­rek­sie­le de het gis­ter vir die por­te­feul­je­ko­mi­tees e sit­ting op­ge­daag nie.

Mas­wan­ga­nyi het kort na­dat hy in Maart deur pres. Ja­cob Zu­ma in nog ’n ka­bi­net­s­kom­me­ling as nu­we mi­nis­ter van ver­voer aan­ge­stel is op ’n par­le­men­tê­re vraag ge­ant­woord dat die na­si­o­na­le te­sou­rie en die pro­ku­reurs­fir­ma Werks­mans al­bei be­sig is met ver­skil­len­de fo­ren­sie­se on­der­soe­ke.

Hy het toe ook ge­sê die te­sou­rie het 20 ver­skil­len­de en­ti­tei­te aan­ge­stel om on­reg­ma­tig­he­de in Mon­ta­na se ter­myn fo­ren­sies te on­der­soek.

Gis­ter het hy aan die ko­mi­tee er­ken dat hy en sy de­par­te­ment nie eens weet wat som­mi­ge van die fo­ren­sie­se on­der­soe­kers doen nie.

Hy het er­ken daar is nie vir die R148 mil­joen be­groot wat tot dus­ver aan die pri­va­te fo­ren­sie­se on­der­soe­kers be­taal is nie.

“Dit ter­wyl die OB dit in haar ver­slag dui­de­lik ge­maak het dat die te­sou­rie al­le kon­trak­te bo R10 mil­joen moet on­der­soek. Hoe­kom moes pri­va­te on­der­soe­kers aan­ge­stel word as die te­sou­rie dit self kan doen?”

Vol­gens Mas­wan­ga­nyi wil hy so gou moont­lik met Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies, daar­oor ver­ga­der. Hy het by­ge­voeg dat van die fo­ren­sie­se on­der­soe­kers ook on­reg­ma­tig deur die vo­ri­ge Pra­sa-di­rek­sie on­der lei­ding van Po­po Mo­le­fe aan­ge­stel is en dat geld wat aan hul­le be­taal is, ver­haal sal moet word.

■ E­s­kom het hom gis­ter­aand ge­dis­tan­si­eer van sy di­rek­sie-woord­voer­der se strie­men­de aan­val op Lyn­ne Bro­wn, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings.

K­hu­la­ni Qo­ma het voor die par­le­men­tê­re ko­mi­tee ge­tuig wat staat­skaping by E­s­kom on­der­soek.

Hy het aan­ge­voer Bro­wn moet die skuld kry vir staat­skaping by E­s­kom en het haar vir ’n leu­e­naar en as to­taal on­be­voeg uit­ge­kryt.

Qo­ma het Bro­wn ook daar­van be­skul­dig dat sy in­ge­meng het om te voor­kom dat Mats­he­la Ko­ko ge­kors word. Die E­s­kom-di­rek­sie het Ko­ko vroe­ër van­jaar as tus­sen­tyd­se E­s­kom-hoof die trek­pas ge­gee. Vol­gens Qo­ma het Bro­wn op ver­soek van die Gup­tas tus­sen­bei­de ge­tree.

Bro­wn het in ’n la­te­re ver­kla­ring ge­sê sy “het nooit e­ni­ge in­struk­sies van e­nig­ie­mand ge­neem nie”.

Joe Mas wan­ga­nyi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.