ANC s e deur s taan oop vir EFF, sê Z uma

Die Burger - - 2 - News24

Son­der om hom­self daar­toe te ver­bind, het pres. Ja­cob Zu­ma Maan­dag­aand in ’n eks­klu­sie­we on­der­houd met die Gup­ta-uit­saai­er ANN7 ge­sê die ANC se deur staan oop vir Ju­li­us Ma­le­ma se EFF.

Zu­ma het ge­sê hoe­wel die moont­lik­heid dat die EFF na die ANC kan te­rug­keer nog nie for­meel be­spreek is nie, be­staan die moont­lik­heid al­tyd.

“Die EFF is tot stand ge­bring om­dat sy lei­er en an­der le­de weg van die ANC be­weeg het weens se­ke­re din­ge, nie om­dat hul­le nie met die ANC se be­leid saam­stem nie,” het Zu­ma ge­sê. Hy het ge­sê hy dink die pro­bleem waar­deur die EFF in die ge­sig ge­staar word, is dat baie men­se, en ver­al die­ge­ne in die top­struk­tuur, van die ANC kom. “Ek dink as jy eers in die ANC was, kan jy nie ’n be­leid be­ter as dié van die ANC skep nie. Ek dink dit is een van die EFF se di­lem­mas.”

Met ver­wy­sing na die EFF se op­tre­de in die par­le­ment het Zu­ma ge­sê Suid-A­fri­ka­ners gaan nie bloot vir die EFF stem net om­dat sy le­de hul stem­me bo dié van an­der par­tye kan ver­hef nie.

Comments

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.