Groot­wit­haaie op pad na Vals­baai

Die Burger - - 3 - Ma­re­li­ze Bar­nar d

Eers is dit die geel­ster­te en war­mer wa­ter, dan volg die groot­wit­haaie.

Dit is die be­gin van die haaisei­soen en men­se is ge­waar­sku dat die eer­ste groot groep geel­ster­te in Vals­baai op­ge­merk is. Met groot­wit­haaie se lief­de vir geel­ster­te, is dit ’n uit­ge­maak­te saak dat die haaie sal volg.

Die Kaap­stad-me­tro waar­sku dat haaie tus­sen Au­gus­tus en A­pril na­der aan die vlak­wa­ter kom.

Boon­op is die so­mer­sei­soen en va­kan­sie op han­de, so Ka­pe­naars en be­soe­kers is ge­waar­sku – dit is haaisei­soen.

By Vis­hoek word die haai­net reeds in­ge­span en op dae wat die weer dit toe­laat, word dié net in die see in­ge­trek en vas­ge­an­ker.

Die diens van die or­ga­ni­sa­sie S­har­kS­pot­ters is ook reeds op dreef en voor­ne­men­de baai­ers moet liefs daar swem waar dié haai­ky­kers die see be­spied.

Een van die waar­sku­wings aan men­se is om nie te swem of bran­der­plank te ry in die om­ge­wing waar vo­ëls, dol­fy­ne of rob­be vreet nie.

Moet ook nie swem na­by waar ’n wal­vis­kar­kas is nie.

Bran­der­plank­ry­ers moet in die len­te en so­mer ver­al op die uit­kyk wees vir haaie in die ge­bied tus­sen Sun­ri­se Be­ach en Ma­cas­sar. Na­vor­sing wys dat haaie ver­al hier voor­kom in dié tyd­perk.

Be­soe­kers wat op pad Kaap toe is, moet ont­hou dit is ’n goeie plan om eers met die amp­te­na­re wat aan diens is op ’n strand of die plaas­li­ke men­se te ge­sels oor hoe vei­lig dit is om te swem by ’n be­paal­de strand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.