Mu­re ‘ gaan mis­daad help be­kamp’

Die Burger - - 5 - L­le­wel­lyn P rin­ce

So­wat R8 mil­jard gaan in die Wes-Kaap be­stee word om Metrorail-diens­te in dié pro­vin­sie te ver­be­ter.

Een van die in­gry­pings wat in wer­king ge­stel sal word, is om hoë mu­re te bou tus­sen spoor­ly­ne en ge­meen­skap­pe wat die erg­ste pro­ble­me vir Metrorail ver­oor­saak.

Joe Mas­wan­ga­nyi, mi­nis­ter van ver­voer, het dit gis­ter in die par­le­ment aan­ge­kon­dig.

Vol­gens Mas­wan­ga­nyi is van­da­lis­me die groot­ste pro­bleem wat dié staats­in­stel­ling se be­dry­wig­he­de in ver­al die WesKaap en Gau­teng knie­hal­ter, “maar ons is be­sig om dit te ta­kel”.

Hy het aan die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor ver­voer ge­sê hy het as mi­nis­ter ook die kwes­sie van vei­lig­heid op die Metrorail-stel­sel met Fi­ki­le M­ba­lu­la, mi­nis­ter van po­li­sie, ge­op­per “om­dat daar se­ke­re vei­lig­heids­as­pek­te is wat die vol­le be­trok­ken­heid van die po­li­sie ver­eis”.

Vol­gens Mas­wan­ga­nyi het hy en M­ba­lu­la daar­oor ge­praat om vei­lig­heid op die Metrorail-stel­sel te ver­be­ter.

Metrorail is vol­gens Mas­wan­ga­nyi ook in die pro­ses om trei­ne wat in Kaap­stad aan die brand ge­steek is te her­stel.

“As jy by (die werk­win­kel in) Sout­ri­vier gaan kyk, is daar vor­de­ring hier­mee. Ons glo dat ons dank­sy dié her­stel­werk gou so­wat 16 trein­stel­le te­rug op die spoor sal hê.

“Ons ver­staan men­se is ge­frus­treerd, maar daar is men­se wat van tyd tot tyd ons trei­ne uit­brand.

“Daar is ook se­ke­re ge­bie­de waar­in ons hoë mu­re gaan op­rig om te pro­beer om men­se af te skrik wat pro­ble­me op ons trein­spo­re hier in die Wes-Kaap ver­oor­saak. Om mu­re tus­sen ge­meen­skap­pe en s­poor­weë te bou is on­ge­wens, maar ons glo dat dit van die goed is wat ons moet doen.”

Mas­wan­ga­nyi sê die re­ge­ring gaan ook Metrorail se sein­stel­sels her­ka­pi­ta­li­seer om te ver­se­ker dat die spoor­stel­sel ten vol­le funk­si­o­neel is.

“As die stel­sel nie ten vol­le funk­si­o­neel is nie, ver­oor­saak dit soms bot­sings tus­sen trei­ne en trei­ne wat laat is.”

Hy sê hy en die Wes-Kaap­se re­ge­ring het in­tus­sen van die ge­meen­skap­pe wat van Metrorail af­hank­lik is, be­soek.

Vol­gens Mas­wan­ga­nyi het hy ook saam met die Gau­teng­se re­ge­ring ge­bie­de in daar­die pro­vin­sie be­soek wat ook on­der er­ge pro­ble­me met Metrorail ge­buk gaan.

“Dit is ge­bie­de soos Na­le­di en New Ca­na­da op die Ve­ree­ni­ging­lyn waar ook pro­ble­me on­der­vind word.

“Ons het ’n oor­een­koms met die Pas­sa­sier­spoor­a­gent­skap van Suid-A­fri­ka (Pra­sa) se di­rek­sie be­reik dat hy die pro­ble­me in die Metrorail-stel­sel moet pak om­dat daar geld daar­voor ver­skaf is.

“Ek wil be­klem­toon dat ons ’n erns­ti­ge pro­bleem met van­da­lis­me het. So by­voor­beeld het ons R12 mil­joen be­stee om die Nan­ce­field-sta­sie in Gau­teng te her­stel na­dat dit ge­van­da­li­seer is. Die­self­de nag is dit weer ge­van­da­li­seer, en so het ons geld in die wa­ter ge­gooi.

“Ons glo eg­ter dat ons ’n ver­ant­woor­de­lik­heid het om ’n be­trou­ba­re Metrorail-diens daar te stel wat die mees­te van ons men­se, ver­al wer­kers en skool­kin­ders, se e­nig­ste bron van ver­voer is.”

Fo­to: D AILY SUN

Joe Mas wan­ga­nyi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.