Raads­hoë steek glo haar man met glas

Die Burger - - 8 - – Ma y­ge­ne de W ee

Die fe­de­ra­le voor­sit­ter van die DA het gis­ter nie ge­weet dat een van hul raads­le­de so­wat t­wee we­ke ge­le­de haar man glo ty­dens ’n stry­e­ry met ’n glas ge­steek het nie.

Zu­kis­wa To­ni­si, ad­junk­bur­ge­mees­ter van die Kaap A­gul­has-mu­ni­si­pa­li­teit, het haar­self vol­gens in­lig­ting glo op 2 No­vem­ber, en­ke­le dae ná die voor­val, aan die B­re­das­dorp­po­li­sie oor­ge­gee.

To­ni­si is ’n lid van die DA. Bron­ne in die dorp het ge­sê To­ni­si was ná die be­weer­de voor­val soek. Sy het glo nie haar sel­foon be­ant­woord of by die werk op­ge­daag nie.

Eers na­dat die po­li­sie haar by die mu­ni­si­pa­li­teit se kan­toor op B­re­das­dorp gaan soek het, het sy haar­self glo by die po­li­sie aan­ge­meld.

Sy het op Vry­dag 3 No­vem­ber in die land­dros­hof op B­re­das­dorp ver­skyn op aan­klag­te van aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer en is op borg­tog van R500 vry­ge­laat.

Die saak teen To­ni­si is tot 27 No­vem­ber uit­ge­stel.

’n Po­li­sie­woord­voer­der, kapt. F­re­de­rick van Wyk, het die voor­val be­ves­tig.

Na­vrae oor die be­weer­de voor­val en To­ni­si se be­weer­de be­trok­ken­heid is na Ja­mes Sel­fe, fe­de­ra­le voor­sit­ter van die DA, ge­stuur.

Sel­fe het ge­sê hy sal moet on­der­soek in­stel.

Maar in­tus­sen soek die ANC ant­woor­de by die Kaap A­gul­has-mu­ni­si­pa­li­teit.

Eve Mar­thi­nus, ANC-hoof­sweep in die mu­ni­si­pa­li­teit, het ge­sê se­dert die be­weer­de voor­val aan die lig ge­kom het, is To­ni­si net nê­rens te vin­de nie. Sy sê hul­le soek ook ant­woor­de by die plaas­li­ke po­li­sie oor die voor­keur­be­han­de­ling wat To­ni­si glo ge­kry het.

Fo­to: F ACEBOOK

Zu­kis­wa T oni­si

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.