Har­ten­bos skud ve­re reg vir fees­tyd

Die Burger - - 9 - – Eug ene Gun­ning

Wan­neer dui­sen­de va­kan­sie­gan­gers oor min­der as ’n maand by die ATKV se Har­ten­bos-see­front­ont­wik­ke­ling op­daag, be­hoort die groot­ste ge­deel­te van die twee­de fa­se klaar te wees.

Maar wees ge­waar­sku: As jy die sen­trum be­soek, gaan jy op­dok vir par­keer­plek.

Die eer­ste fa­se van die sen­trum is op 7 De­sem­ber ver­le­de jaar amp­te­lik ge­o­pen en se­dert­dien het dui­sen­de men­se die sen­trum be­soek.

Dit het ge­volg op die bou van nu­we ge­rie­we en die op­knap­ping van die be­staan­de ge­rie­we.

Die to­ta­le kos­te van die pro­jek is so­wat R165 mil­joen en dit word in ver­skil­len­de fa­ses af­ge­han­del.

In die eer­ste fa­se is ’n mi­ni-a­von­tuur­gholf­baan, ’n wa­ter­wurm en ’n wa­ter­gly­baan op­ge­rig. Daar is ook ’n ver­hit­te swem­bad, klim­ra­me vir kin­ders en piek­niek­plek­ke.

A­drie van Dyk, sen­trum­be­stuur­der, het gis­ter ge­sê die eer­ste fa­se is af­ge­han­del. “Daar was ’n paar uit­da­gings en dit is oor­brug.”

Vol­gens Van Dyk het die suk­ses van die sen­trum tot dus­ver hul ver­wag­tin­ge oor­tref. Die meer­der­heid win­kels is by­voor­beeld reeds be­set.

Nu­we kon­fe­ren­sie­ge­rie­we, wat so­wat 200 men­se kan huis­ves, sal van 1 De­sem­ber be­skik­baar wees. Die be­staan­de kon­fe­ren­sie­ge­rie­we is op­ge­knap.

Die Na-Don­ker-sen­trum, ’n kui­er­plek, sal ge­du­ren­de die va­kan­sie­tyd ty­de­lik in die Wal­vis­saal ge­huis­ves word.

Die S­kof­fel­skuur sal wel ge­reed wees.

Van Dyk sê op die oom­blik be­taal be­soe­kers nie vir par­keer­plek nie.

“On­ge­luk­kig sal hul­le van 1 De­sem­ber tot 7 Ja­nu­a­rie moet be­taal vir par­keer­plek. Die doel is om se­ker te maak dat die be­staan­de huur­ders se klan­te wel par­keer­plek het. An­ders ge­beur dit dat men­se die heel­dag daar par­keer.”

Daar sal wel uit­son­de­rings wees vir men­se wat by Pick n Pay koop, die gim­na­si­um be­soek en die mo­tor­was­ge­rie­we be­nut. Hul­le sal ’n ge­deel­te van hul par­ke­ring gra­tis ont­vang.

Fo­to: EUGENE GUN­NING

Die s wem­bad en gl y­ba­ne b y die A TKV s e Har ten­bos­see­front­ont­wik­ke­ling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.