Vrou ver­wurg glo buur­man se hond

Die Burger - - 9 - – Jackie K ru­ger

’n Vrou van Ge­or­ge ver­skyn van­dag in die plaas­li­ke land­dros­hof na­dat sy glo op haar buur­man se ver­jaar­dag sy ge­lief­de hond met ’n stuk draad ver­wurg het.

Die buur­man het glo op 2 No­vem­ber ’n op­roep ont­vang dat sy buur­vrou sy hond, ’n krui­sing van ’n staf­fords­hi­re-ter­ri­ër en ’n jackrus­sell, dood­ge­maak het.

Die vrou be­weer die hond het haar aan­ge­val.

Sa­lo­me Bruyns, se­ni­or in­spek­teur van die Tuin­roe­te Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging (DBV) in Ge­or­ge, het die dooie hond vas­ge­maak aan ’n wa­ter­pomp met ’n stuk draad om sy nek aan­ge­tref.

Sy be­weer daar was slegs krap­mer­ke aan die vrou se arms en geen sig­ba­re byt­won­de nie.

Die DBV se vee­arts het vas­ge­stel die hond is ver­smoor en het erg ge­ly.

Die ei­e­naar het aan die DBV ge­sê die hond was glad nie nie ag­gres­sief nie, maar ’n ge­sins­hond wat saam met hul­le in die bed ge­slaap het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.