Kom, wees po­si­tief oor die t oe­koms

Die Burger - - 10 -

Kobus Mei­ring, See­punt

Die pro­feet Ha­ba­kuk skryf in die Ou Te­sta­ment oor die heer­sen­de on­reg in sy land en God se skyn­ba­re be­lan­ge­loos­heid in die op­tre­de van die vy­and. Hy skryf dat hy ge­sid­der het, dat sy lip­pe ge­be­we het, dat sy he­le lig­gaam lam ge­word het en dat sy be­ne aan die ruk ge­gaan het.

As ek so luis­ter na wat men­se rond­om my praat, dan her­haal die ge­skie­de­nis hom op hier­die oom­blik in ons droe­we land.

Jou­bert Con­ra­die, Pie­ter Ver­ster en baie an­der word sin­ne­loos ver­moor, ver­krag­tings is aan die or­de van die dag, daar bui­te is dit droog en mens en dier ver­gaan van el­len­de, ons ker­ke loop leeg, ons e­ko­no­mie gaan ten gron­de, baie van ons lei­ers is kor­rup en die vy­and gryns­lag as hul­le ons mag­te­loos­heid ga­de­slaan.

Ge­luk­kig gee Ha­ba­kuk raad. Hy sê hy sal ge­dul­dig wag en al sal daar nie oes­te wees nie, geen drui­we en geen bees­te en ska­pe nie, nog­tans sal hy in die He­re ju­bel.

Dan sê hy: “Hy maak my voe­te soos dié van ’n rib­bok.”

Kan ons dit ook van­dag uit­leef? Kan ons nog­tans po­si­tief wees en hoop en lief­de en ge­loof uit­straal? Ja­c­ques Pauw se boek gaan help om die mu­re om Je­ri­go te laat val, ge­son­de ver­stand sal ho­pe­lik sorg dat die reg­te men­se oor­neem en die He­re sal uit­koms gee. Men­se sal na me­kaar uit­reik en in ver­oot­moe­di­ging ge­dul­dig wag.

Op ons bal­kon by die see in See­punt het my vrou met groot sorg haar mal­vas en an­der plan­te ver­sorg en toe ons nie meer kraan­wa­ter kon ge­bruik nie, het ons die grys­wa­ter be­gin be­nut.

Wat ’n fees! Hul­le was nog nooit so mooi en ge­sond nie. Die gog­gas is weg en die blom­me be­groet el­ke nu­we dag met die vreug­de wat ons ook el­ke dag moet uit­straal. Mag ons die krag en ge­na­de ont­vang om die toe­koms po­si­tief te­ge­moet te gaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.