Ons wag op nóg erk en­nings

Die Burger - - 10 -

Han­nes Sl ab­bert, De spa­tch

Ek dink dis die eer­ste keer dat pres. Ja­cob Zu­ma er­ken het dat die land groot pro­ble­me het – gro­ter as ’n boek.

Sy o­pen­li­ke ver­set teen die boek spreek se­ker meer as die boek self. Ek won­der of hy weet dat die ge­voel is dat hy die groot­ste pro­bleem in die land is. En dis nie sy op­po­nen­te wat dit dink en sê nie – nee, sy eie men­se raak ook nou keel­vol vir hom.

Zu­ma het, so­ver ek weet, nog nie een maal ont­ken dat hy en van sy mi­nis­ters en s­taats­amp­te­na­re kop in een mus met die Gup­tas is nie. Is dit nie ’n pro­bleem nie? Die pre­si­dent kan ge­rus ’n slag na van sy mi­nis­ters se doen en la­te kyk en sien wat­ter pro­ble­me hul­le ver­oor­saak. Die so­ge­naam­de Sas­sa­de­ba­kel is ’n mas­sie­we pro­bleem, maar hy dank nie die be­trok­ke mi­nis­ter af nie.

Maar al het hy nou er­ken dat daar pro­ble­me in die land is, het hy nog nie ge­sê wat hy gaan doen om dit op te los nie. Maar die er­ken­ning dat daar pro­ble­me is, is da­rem iets. Ons wag in s­pan­ning op ver­de­re er­ken­nings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.