Pauw ver­dien al­mal s e lof en on­der steu­ning

Die Burger - - 11 -

Dan Ba­den­hor st ( sr.), Gr oen­punt

Men­se wat Ja­c­ques Pauw se woord be­twy­fel, kort ’n ge­skie­de­nis­les. Am­per 30 jaar ge­le­de het hy die land ook ge­skud met ont­hul­lings wat eers nie ge­glo is nie, maar la­ter as reg be­wys is.

Sy bron, kapt. Dirk Coet­zee, se ge­tui­e­nis oor Vlak­plaas en die gif wat deur die fo­ren­sie­se la­bo­ra­to­ri­um voor­be­rei is om ANC-le­de te dood, is nie deur die Harms-kom­mis­sie of die ap­pèl­hof ge­glo nie.

Die hoof van daar­die een­heid, genl. Lot­har Neeth­ling, het la­ter voor die Waar­heids-en-Ver­soe­nings­kom­mis­sie er­ken hy het ge­lieg en dat Coet­zee se sto­ries waar was. On­ge­luk­kig was Max du P­reez en Ja­c­ques se koe­rant, Die Vrye Week­blad, toe reeds ge­li­kwi­deer weens die hoë hof­kos­te wat die ge­volg van hul be­rig­te hier­oor was.

Ons moe­nie weer hier­die fout maak nie. Ja­c­ques het nou weer sy le­we vir Suid-A­fri­ka op die spel ge­plaas.

Hy ver­dien ons on­der­steu­ning en lof as voor­beeld van ’n koe­rant­man in murg en been wat deur die waar­heid vry­ge­maak is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.