Hof­saak oor OB­v er­slag ‘moet so gou moont­lik aan­ge­hoor word’

Die Burger - - 12 - Han­lie S tad­ler

Die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) se aan­slag op die Re­ser­we­bank het on­se­ker­heid in die mark ge­skep wat fi­nan­si­ë­le sta­bi­li­teit on­der­myn. Daar­om moet die hof­saak wat die Re­ser­we­bank teen die OB se “be­twis­te ver­slag” ge­bring het so gou moont­lik aan­ge­hoor word.

Dis een van die ar­gu­men­te wat die Re­ser­we­bank aan­voer waar­om hy die aan­soek om uit­stel teen­staan wat adv. Bu­si­si­we Mkhwe­ba­ne, die OB, by die Noord-Gau­teng­se hoog­ge­regs­hof in­ge­dien het. Mkhwe­ba­ne vra uit­stel tot 28 Ja­nu­a­rie 2018 om haar ant­woor­den­de ver­kla­ring op die Re­ser­we­bank se saak in te dien en sy vra dat die saak eers in Maart 2018 aan­ge­hoor word. Dít ter­wyl die saak eint­lik reeds vir 5 tot 7 De­sem­ber van­jaar op die hof­rol ge­plaas is.

Die saak gaan oor die OB-ver­slag oor die hulp­pak­ket van R1,125 mil­jard wat die Re­ser­we­bank in die 1990’s aan Ban­korp ge­gee het om dié bank van on­der­gang te red.

Mkhwe­ba­ne, wat die hoogs ge­re­spek­teer­de adv. T­hu­li Ma­don­se­la ein­de 2016 as OB op­ge­volg het, het in Ju­nie ’n ver­slag uit­ge­reik wat be­vind het Ab­sa moet dié geld te­rug­be­taal. Ab­sa het Ban­korp ná die hulp­pak­ket ge­koop. Die OB se ver­slag het staat­ge­maak op ’n hoogs om­stre­de ver­slag wat al van­te­vo­re on­der­soek en ge­dis­kre­di­teer is, die CIEX-ver­slag. Sy het voor­leg­gings van Ab­sa en die Re­ser­we­bank ge­ïg­no­reer.

Mkhwe­ba­ne het boon­op som­mer in haar ver­slag ’n heel­te­mal on­ver­wan­te punt aan­ge­raak, naam­lik die man­daat van die Re­ser­we­bank. Pleks van fo­kus op die sta­bi­li­teit van die geld­een­heid, dus in­fla­sie­be­heer, moet die Re­ser­we­bank op e­ko­no­mie­se groei en trans­for­ma­sie fo­kus, vol­gens die OB, en sy het som­mer op­drag ge­gee dat die par­le­ment die Re­ser­we­bank se man­daat on­der­soek. Die aan­soek word Vry­dag aan­ge­hoor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.