Val de Vie kry af tree­oord

Ryk se ou­ers 1ste in­wo­ners

Die Burger - - 13 - Nel­lie Br and­Jon­ker en Ta­sneem v an R ooy­en

Die ge­sog­te Val de Vie-land­goed na­by die Paarl gaan ’n af­tree­oord be­kend stel. Die O­lim­pie­se swem­ster Ryk Neeth­ling se ou­ers gaan die eer­ste in­wo­ners wees.

Neeth­ling, die be­mar­kings­di­rek­teur van Val de Vie, het gis­ter op die be­kend­stel­ling van die af­tree­oord ge­sê sy ou­ers gaan ’n huis in die af­tree­oord hê.

Hy woon self al se­we jaar op die land­goed.

“Ek het nog­al be­kom­merd ge­raak oor hul vei­lig­heid. Hul­le bly in Bloem­fon­tein en hul­le word oud. Ek wil nie hê iets moet met hul­le ge­beur nie. As hul­le bel, raak ek op my se­nu­wees.”

Vol­gens hom is dit sy ge­skenk aan hul­le: “Hul­le het so­veel ge­leent­he­de vir my ge­gee en hier­die is ’n ge­leent­heid wat ek vir hul­le kan gee om rus­tig te kom af­tree.”

Die af­tree­oord gaan 50% deur Val de Vie In­ves­t­ments be­sit word en 50% deur E­ver­green.

Die ge­no­teer­de be­leg­gings- groep PSG het on­langs ’n 50%-be­lang in E­ver­green ge­koop.

Die ei­en­doms­maat­skap­py Am­dec be­sit die an­der helf­te van E­ver­green.

Ni­co de Waal, uit­voe­ren­de hoof van PSG Alpha, die fi­li­aal van PSG wat die be­lang in E­ver­green hou, sê die af­tree­oor­de wat hul­le ont­wik­kel, is nie al­tyd bin­ne ’n gro­ter land­goed nie.

“Dit is fan­tas­ties om bin­ne ’n gro­ter land­goed te wees waar men­se van al­le ou­der­dom­me is.”

De Waal sê PSG is be­kend daar­voor dat hy, waar hy be­trok­ke raak in be­dry­we, dit om- skep. “Van die voor­beel­de is Ca­pi­tec, PSG Kon­sult en die pri­va­te sko­le­groep Cur­ro. Ek dink al­mal sal saam­stem daar­die on­der­ne­mings ver­an­der hoe men­se bank­we­se sien, en pri­va­te sko­le en fi­nan­si­ë­le diens­te en ad­vies.”

Hy het ge­sê hul­le wil saam met Am­dec die­self­de in die mark vir af­tree­oor­de be­reik. “Ons dink dit is ’n fan­tas­tie­se groei­sek­tor in die e­ko­no­mie en saam sal die t­wee ven­no­te PSG en Am­dec en ook Val de Vie die wy­se hoe men­se af­tre­de er­vaar, om­skep.”

Hy sê hul­le glo daar is ’n goeie ge­leent­heid om­dat daar ’n ver­an­de­ring in ver­brui­kers se de­mo­gra­fie is en die be­vol­king ou­er word. “Daar is nie baie pro­duk­te daar bui­te wat e­nig­een van ons vir ons ou­ers wil hê nie.”

Val de Vie E­ver­green is in die mid­del van Val de Vie ge­leë.

Fa­se een van die af­tree­oord se pry­se be­gin teen R2,9 mil­joen en die duur­ste is R5,2 mil­joen.

Die hui­se word nie ge­koop nie, maar men­se ver­kry le­wens­lan­ge ver­blyf­reg.

Hoe gr oot g aan V al de Vie E ver­green w ees?

Die af­tree­oord gaan 400 hui­se en 200 woon­stel­le hê.

Dit gaan ook ’n ver­swak­te­sorg­sen­trum met 80 bed­dens hê.

An­der ken­mer­ke sluit in ’n pri­va­te klub­huis, bi­bli­o­teek, haar­sa­lon, gim­na­si­um en re­stau­rant.

Fo­to: NEL­LIE BR AND­JON­KER

Ryk Neeth­ling, be­mar­king s­di­rek­teur v an V al de Vie , be sig met ’ n on­der­houd gis ter op V al de Vie t oe V al de Vie E ver­green bek end g es­tel is .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.