Se­s­na­sies sal Ge­or­gië ‘ help ver­be­ter’

Die Burger - - 14 -

Ge­or­gië se rug­by­span hoop om in die toe­koms in die Se­s­na­sies­reeks mee te ding.

So sê die span se af­rig­ter, Mil­ton Haig, aan die voor­aand van sy span se krag­me­ting Sa­ter­dag met Wal­lis in Car­diff.

’n Goeie ver­to­ning teen die Dra­ke sal sy ar­gu­ment ver­sterk.

Dit sal die eer­ste keer wees dat die t­wee lan­de op die rug­by­veld slaags raak. Hul­le sal ook in 2019 se Wê­reld­be­ker­toer­nooi in’ n groep wed­stryd teen me­kaar te staan kom.

“Om ons spel te ver­be­ter, is dit no­dig dat ons in die Se­s­na­sie­reeks mee­ding,” het die 53ja­ri­ge Nieu-See­lan­der van ge­boor­te aan BBC Sport ge­sê.

Haig se plei­dooi maak sin as daar in ag ge­neem word dat sy span in die 12de plek op die wê­reld­rang­lys is, ter­wyl I­ta­lië, wat wel in die Se­s­na­sies­reeks mee­ding, in die 13de plek is.

I­ta­lië is in 2000 tot ’n ver­gro­te Vyf­na­sies­reeks ge­voeg en moes se­dert­dien – met die uit­son­de­ring van ses jaar – met die hout­le­pel te­vre­de wees.

Haig sê dit maak vir Ge­or­gië ge­o­gra­fies sin om in die Se­s­na­sies­reeks mee te ding en hy ver­staan sy span moet steeds goeie ver­to­nings op die veld le­wer.

Ge­or­gië het Ka­na­da die af­ge­lo­pe na­week met 54-22 in T­bi­li­si om­ge­dop.

Haig hoop dat Ge­or­gië ook soos wat die ge­val des­tyds met I­ta­lië was, in ’n ver­gro­te toer­nooi toe­ge­laat sal word, eer­der a so min’ n pro­mo­sie-re­le­ga­sie­wed­stryd vir die voor­reg hoef uit te speel.

Hy hoop voorts dat ’n span van Ge­or­gië in ’n ver­gro­te Pro14-reeks kan mee­ding.

“Dit is vir ons be­lang­rik om ons spe­lers op lang­ter­myn so­veel as moont­lik bloot­stel­ling in die bes­te kom­pe­ti­sies in die wê­reld te gee.

“Of dit nou die Pro14, Top14 of die ProD2 (al­bei in Frank­ryk) is, of ’n kom­pe­ti­sie in die Sui­de­li­ke Half­rond, maak nie reg­tig saak nie, so­lank ons daar­by kan baat vind,” sê Haig. – S­por­tr e­dak­sie

Fo­to: GETTY IMA GES

Mil­ton Haig

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.