‘Fout dat ons nie ho­ër is ’

Die Burger - - 15 - Jo­hann de Jag er

Hul­le het ’n brief aan die In­ter­na­si­o­na­le Hok­kie­fe­de­ra­sie (FIH) ge­skryf om die “fout” in ’n be­re­ke­nings pro­ses van rang­lys­po­si­sie s uit­tel i g.

Só sê S­hel­don Ros­tron, af­rig­ter van die Suid-A­fri­kaan­se vrouehokkiespan, wat on­danks hul ver­o­we­ring van die A­fri­ka­ti­tel van 13de na 14de op die nuut­ste wê­reld­rang­lys te­rug­ge­sak het.

Suid-A­fri­ka het G­ha­na ver­le­de maand met 4-0 in die eind­stryd in Is­mai­lia, E­gip­te, ge­klop om die ti­tel ’n se­wen­de keer ag­ter­een­vol­gens te wen.

Ros­tron sê vol­gens hul eie som­me moes hul­le tot die 11de po­si­sie ge­klim het na­dat hul­le hul A­fri­ka-ti­tel be­hou het.

Hy sê die pun­te­toe­ken­ning vir A­fri­ka werk eg­ter an­ders as met die an­der vas­te­lan­de.

“Ons het net 563 pun­te as A­fri­ka-kam­pi­oen ge­kry. Die wen­ners van an­der vas­te­lan­de se toer­nooie ver­dien tus­sen 700 en 750 pun­te.

“As ons by­voor­beeld 180 pun­te meer ge­kry het soos ons ge­dink het, sou ons 11de ge­wees het soos ons dit uit­ge­werk het,” sê die brei­er.

Hy wys ook daar­op dat die pun­te­ver­skil tus­sen die A­fri­ka­span­ne wat twee­de en der­de is, heel­wat gro­ter is as wat die ge­val is met an­der vas­te­lan­de se toer­nooie.

Hys ê die in­ge­wik­kel­de be­re­ke­nings pro­ses st­re koor t­wee tot drie jaar. Die feit dat hul­le nie ver­le­de jaar aan die O­lim- pie­se S­pe­le deel­ge­neem het nie, het ui­ter­aard ook ’n in­vloed op sa­ke op die rang­lys ge­had.

Die Suid-A­fri­kaan­se S­port­kon­fe­de­ra­sie en O­lim­pie­se Ko­mi­tee( Sas kok) wou nie die na­si­o­na­le span­ne die ja­woord gee om na Rio de Ja­nei­ro te gaan nie.

Vol­gens Ros­tron sal hul­le met die hui­di­ge be­re­ke­nings­pro­ses–al wen hul­le el­ke toer­nooi waar­in hul­le speel–nooit die voor­ste rang­lys­po­si­sie kan be­klee nie.

Dit blyk som­mi­ge lan­de ge- niet ook on­reg­ver­di­ge be­sker­ming met die pro­ses. Hul­le het vol­gens die brei­er heel­wat vrae waar­na hul­le wil hê die FIH moet kyk.

“Die les wat ons uit al­les ge­leer het, is dat ons vo­ren­toe meer be­sten­dig sal moet wees.”

Ros­tron het die Suid-A­fri­kaan­se mans ook in Is­mai­lia ge­help om hul A­fri­ka-ti­tel te be­hou. Die mans het E­gip­te met 2-1 ver­slaan.

Hul­le kon met hul agt­ste ag­ter­een­vol­gen­de ver­o­we­ring van die ti­tel ook nie op hul rang­lys­po­si­sie ver­be­ter nie. Hul­le het da­rem hul 15de plek op die rang­lys be­hou.

Ar­gen­ti­nië se mans en Ne­der­land se vroue ge­niet steeds die voor­ste plek op die on­der­skeie rang­lys­te.

F oto: F ACEBOOK

S­hel­don R os­tron (regs) en v an s y me­de­af­rig­ters Ro­bin v an Gink el (links) en Niels Bak­ker.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.