Muir be­vraag­te­ken Bok­ke se span­keu­ses

Die Burger - - 16 - Ti­nus v an S ta­den

Die S­pring­bok­ke se pro­ble­me be­gin by Al­lis­ter Coet­zee, die Bok-brei­er, se span­keu­ses, sê Dick Muir, ’n voor­ma­li­ge S­pring­bok-hulp­af­rig­ter en -sen­ter.

Die Bok­ke het Sa­ter­dag hul jaar­eind­toer van vier toet­se in Eu­ro­pa met ’n re­kord­ne­der­laag van 3-38 teen Ier­land in Du­blin be­gin.

“Die S­pring­bok­ke moet in al­le as­pek­te ver­be­ter. Daar moet ver­al na die span­keu­ses ge­kyk word – ek dink nie die bes­te ag­ter­lyn word ge­kies nie,” sê Muir.

Die Bok-ag­ter­lyn het plan­loos, fut­loos en rig­ting­loos teen Ier­land voor­ge­kom. Die ag­ter­spe­lers het een­vou­dig geen ge­vaar vir die tuis­span in­ge­hou nie.

“Dit lyk ook of daar ver­war­ring is. Die spe­lers weet nie of hul­le wyd wil speel en of hul­le die voor­deel­lyn wil aan­val nie. Die ge­volg is dat die voor­spe­lers hul­self van hul voe­te af moet hard­loop,” sê hy.

Hoe­wel Coet­zee ’n groot klem op be­sten­dig­heid plaas, glo Muir dít bring jou ook net so ver.

“Dit is al­les goed en wel om lo­jaal teen­oor jou spe­lers te wees en hul­le weer en weer kans te gee, maar as hul­le nie be­gin goed vaar nie, moet jy een­vou­dig ver­an­de­rin­ge maak,” sê hy.

Die ag­ter­lyn ma­keer spe­lers wat plan­ne maak, ruim­te raak­sien en aan­val, diep­te goed be­nut, kan­se skep en goeie hard- loop­ly­ne ge­bruik.

“Jan Ser­fon­tein is ’n voor­beeld van ’n skep­pen­de spe­ler. Dit gaan daar­oor om die teen­stan­ders te ma­ni­pu­leer om te kyk waar jy ga­te in die ver­de­di­ging kan kry. Daar is baie tak­tiek in die ag­ter­lyn be­trok­ke.”

Ser­fon­tein is eg­ter nie be­skik­baar vir dié toer nie om­dat hy hom­self eers wil in­bur­ger by sy nu­we klub­span, Mont­pel­lier. Da­mi­an de Al­len­de, wat sy plek op bin­ne­sen­ter teen Ier­land vol­ge­staan het, het ’n po­we­re wed­stryd be­leef.

Dit het weer­eens vrae laat ont­staan oor die weg­la­ting van sen­ters soos Ro­han Jan­se van Rens­burg en Frans S­teyn uit die groep.

“Daar is spe­lers bin­ne die groep wat ’n ver­skil kan maak en baie spe­lers bui­te die groep wat ’n ver­be­te­ring sal bring. As daar meer ge­kyk word na die spe­lers wat oor­see speel en kwa­li­fi­seer om die Bok­ke te ver­teen­woor­dig, kan dit ook ’n ver­skil maak.”

F oto: G ALLO IMA GES

Dick Muir

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.