‘Du­a­ne laat hom da­de­lik by Bok­ke geld’

Die Burger - - 16 - S­te­phen Nel l

Du­a­ne Ver­meu­len het mis­kien 17 maan­de laas vir die S­pring­bok­ke ge­speel, maar dit het hom slegs ’n paar oom­blik­ke ge­neem om ’n ver­skil aan die span se ge­moed te maak voor Sa­ter­dag se toets teen Frank­ryk in Pa­rys.

“Hy het da­de­lik ’n im­pak ge­maak. Hy het baie in­lig­ting oor die Fran­se span en hy het op sy kalm ma­nier op­ge­won­den­heid en fo­kus ge­bring. Ons kom ’n bie­tjie er­va­ring kort en ver­wel­kom Du­a­ne ver­al daar­om met ope arms te­rug,” sê Fran­co S­mith, die Bok­ke se ag­ter­lyn­af­rig­ter.

“Die om­ge­wing wat in hier­die groep ge­skep is, is een van spe­lers wat vir me­kaar om­gee en dit was baie lek­ker om hom te om­arm.”

Ver­meu­len (31) het al 37 toet­se vir die Bok­ke ge­speel, maar daar­die ge­tal sou aan­sien­lik meer ge­wees het in­dien hy nie in sy loop­baan ’n stryd met be­se­rings ge­voer het nie.

S­mith het by­ge­voeg dat Ver­meu­len as deel van die lei­ers­kern by die Bok­ke aan­sluit – al het hy se­dert Al­lis­ter Coet­zee se aan­stel­ling as hoof­af­rig­ter nog net t­wee keer vir die Bok­ke ge­speel (ver­le­de jaar in die Ju­nie-tuis­reeks teen Ier­land).

“Du­a­ne is uit die staan­spoor as een van die lei­ers ge­oor­merk. Dis net ’n ge­val van be­se­rings wat hom op die ver­keer­de tyd plat­ge­trek het. Hy’s ’n in­te­gra­le deel van die span,” sê hy.

Ter­wyl die Bok­ke se span eers mô­re aan­ge­kon­dig word, het S­mith nie pro­beer weg­steek dat Ver­meu­len sterk in die prent­jie is nie.

“Pie­ter-S­te­ph du Toit is weens har­sing­skud­ding bui­te ak­sie en ons be­no­dig ie­mand met die­self­de fi­sie­ke ver­mo­ëns. Ons het na­tuur­lik vir Dan du P­reez, U­zair Cas­siem en Ou­pa Mo­ho­je. Dis wel goed om ’n ou met Du­a­ne se ge­wel­di­ge er­va­ring te hê om waar­de toe te voeg,” sê S­mith.

Die keu­se van Ver­meu­len be­hoort die Bok­ke ook meer fi­siek by die af­breek­pun­te te maak. Sy ver­moë om daar be­sit om te keer, kan van groot nut wees.

S­mith meen die in­druk dat die Bok­ke die fi­sie­ke stryd ver-

loor het in die af­ge­lo­pe na­week se ne­der­laag van 3-38 teen Ier­land, is om­dat hul­le twee­de ge­kom het by die af­breek­pun­te.

“Jou suk­ses in die fi­sie­ke bot­sings hang af van hoe vin­nig jou bal­be­sit is. Ons het ne­ge keer om­keer­be­sit af­ge­staan en kon net nie aan die gang kom nie,” sê S­mith.

Die ver­wag­ting is dat Ver­meu­len as agt­ste­man sal be­gin, met Fran­cois Louw wat dan flank toe skuif. Louw be­hoort die rol van bal­jag­ter te speel, met Siya Ko­li­si as steel­kant­flank.

In die an­der ge­dwon­ge ver­an­de­ring, be­hoort Wil­co Louw die be­seer­de Coe­nie Oost­hui­zen as vas­kop­stut te ver­vang.

Ag­ter­langs sal dit ver­baas in­dien Coet­zee nie op los­ska­kel en bin­ne­sen­ter ver­an­de­rin­ge aan­bring nie.

Han­dré Pol­lard ver­dien ’n kans in die nr. 10-trui na­dat El­ton Jan­tjies dit nie sy eie kon maak nie. Da­mi­an de Al­len­de kan ná ’n s­wak ver­to­ning teen Ier­land se­ker­lik ook nie aan die nr. 12-trui vas­klou nie. Dit be­hoort nou Fran­cois Ven­ter se beurt te wees.

Ter­wyl die Bok­ke Ju­nie se reeks teen die Fran­se in SuidA­fri­ka met 3-0 ge­wen het, waar­sku S­mith dat die Ha­ne op hul tuis­veld ’n meer “vas­be­slo­te” span sal wees.

“Die af­skop­tyd van ne­ge­uur in die aand kan be­te­ken dat daar baie dou op die veld is en die bal nat sal wees. Die Fran­se sal ons met storm­lo­pies pro­beer te­rug­dwing. Ma­thieu Bas­t­a­reaud hou ’n groot be­drei­ging in met sy ver­moë om oor die voor­deel­lyn te kom.

“Daar­na bring die Fran­se hul voor­spe­lers in die wed­stryd met spe­lers soos Lou­is Pi­ca­mo­les. Hul ska­kel­paar hou ook daar­van om op die voor­voet te speel,” sê S­mith.

■ Sa­ter­dag se toets be­gin om 21:45.

Fo­to: G ALLO IMA GES

Du­a­ne V er­meu­len gis ter­mid­dag b y die Bokk e­oe­fe­ning in P a­rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.