14 dol­fy­ne spoel uit by Ad­do-o­li­fant­park

Die Burger - - 1 - Ca­ra-Lee Dorf­ling

So­wat ’n jaar na­dat 38 dol­fy­ne op ’n strand na­by Port E­li­za­beth uit­ge­spoel het, was daar ’n soort­ge­ly­ke voor­val op die­self­de strand.

Dié keer het 14 dol­fy­ne uit­ge­spoel, waar­van vier nog ge­leef het.

Die oor­saak van hier­die ver­skyn­sel is on­be­kend.

In Maart ver­le­de jaar het die dol­fy­ne op die strand tus­sen Woody C ape en die Son­dags ri­vier­mond uit­ge­spoel. Dié strand is in die Ad­do-o­li­fant­park ge­leë.

Vol­gens G­reg Hof­meyr, ma­rie­ne bi­o­loog van die Bay­wor­ld-o­se­a­na­ri­um, het stu­den­te Dins­dag op die dol­fy­ne af­ge­kom ter­wyl hul­le met na­vor­sing be­sig was.

“Ons het die groep dol­fy­ne so­wat 30 km van­af die Son­dags ri­vier­mond aan­ge­tref.

“Hul­le moes al ’n ruk­kie daar ge­lê het, want van die dol­fy­ne se oë was uit­ge­pik. Vier van die dol­fy­ne het nog ge­leef,” sê Eu­gin Bor­n­man, ’n dier­kun­de­stu­dent aan die Nel­son Man­de­la U­ni­ver­si­teit (NMU) in Port E­li­za­beth.

Die stu­den­te het die vier le­wen­de dol­fy­ne die see in ge­dra.

“Een het sterk weg­ge­swem, maar die an­der drie het baie swak voor­ge­kom,” sê Bor­n­man.

Fay­roush Lu­dick, ’n woord­voer­der van San­par­ke, sê hul­le is be­wus van tien dol­fy­ne, wat agt vol­was­se­nes, een jong dol­fyn en ’n dol­fyn­kalf in­sluit.

Teen Woens­dag­og­gend is Hof­meyr saam met twee stu­den­te, Si­bu Ng­qula­na en Vuyo Mxo, na die to­neel waar hul­le ne­krop­sies op agt van die dol­fy­ne ge­doen het. Twee van die kar­kas­se is vir ver­de­re na­vor­sing weg­ge­neem.

“Die oor­saak van hul dood sal waar­skyn­lik eers heel­wat la­ter met pa­to­lo­gie­se toet­se vas­ge­stel kan word.

Hier­die is die ses­de mas­sa­stran­ding van dol­fy­ne wat in die af­ge­lo­pe 40 jaar in die ge­bied voor­kom.

Hof­meyr sê dol­fy­ne swem nor­maal­weg in die diep­see en wan­neer hul­le in die vlak­wa­ter be­land, suk­kel hul­le om te na­vi­geer.

Fo­to: G­REG HOF­MEYR

Veer­tien dol­fy­ne, waar­van vier nog ge­leef het, het die af­ge­lo­pe week op ’n Oos-Kaap­se strand uit­ge­spoel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.