Skry­wer oor ha­mer, kus­sing en sny­wond

Die Burger - - 1 - Ja­na B­rey­ten­bach F­red van der Vy­ver/In­ge Lotz Shrien De­wa­ni Os­car Pis­to­ri­us

On­be­ant­woor­de vrae, be­wys­stuk­ke wat be­skik­baar is maar nooit in die hof ge­wys is nie en nu­we be­wys­stuk­ke wat in die aan­vank­li­ke on­der­soek mis­ge­kyk is.

Dít is net drie be­lang­ri­ke pun­te wat T­ho­mas Mol­let, on­af­hank­li­ke fo­ren­sie­se on­der­soe­ker en skry­wer, aan die groot klok wil hang om te wys dat daar steeds pro­ble­me in die pro­ses na ge­reg­tig­heid is.

Mol­let het in ’n aan­bie­ding op S­tel­len­bosch oor vier pro­mi­nen­te sa­ke meer diep­te-in­lig­ting met die pu­bliek ge­deel.

Hy het oor die F­red van der Vy­ver-, Shrien De­wa­ni-, Hen­ri van Breda- en Os­car Pis­to­ri­us­sa­ke ge­praat.

Die ha­mer wat as be­wys­stuk uit­ge­sluit is, is vol­gens Mol­let die moord­wa­pen.

Hy het so ’n ha­mer ver­skeie ke­re ge­toets en die mer­ke stem oor­een met die tien­tal­le be­se­rings op die jong Ma­tie-stu­dent se lyk.

“Die ‘klein ha­mer’ waar­na ver­wys is in die saak, was nie net ’n klein ha­mer nie.”

Hy het die ha­mer ge­toets op ver­skeie op­per­vlak­ke, en dalk die skok­kend­ste is die toets waar hy ’n te­ël wat op ’n kus­sing rus te plet­ter kraak wan­neer dit daar­op val.

Toet­se is des­tyds met ’n soort­ge­ly­ke ha­mer ge­doen op ’n vark­kop wat op ’n staal­ta­fel ge­plaas is. Die ha­mer is be­ska­dig en nie die kop nie.

“Daar is ’n groot ver­skil tus­sen ’n kop op ’n staal­ta­fel en ’n kop van ’n jong vrou wat op ’n kus­sing rus,” sê Mol­let.

Hier­na het hy na twee pun­te ver­wys wat moont­lik die saak in ’n an­der rig­ting sou kon draai.

Van der Vy­ver se lyn­hoof, S­ha­na Toe­fy, is vier keer die og­gend van In­ge se moord ge­bel, maar sy is nooit ge­roep om te ge­tuig nie.

Vol­gens Mol­let moet sy iets

weet wat meer lig op die saak kan werp. Daar is ook 105 mi­nu­te waar­oor Van der Vy­ver nog nooit re­ken­skap kon gee nie.

T­wee­dens, en dalk meer om­stre­de, is ’n be­se­ring wat op In­ge se maag by haar heup ge­vind is – ’n sny­wond in die vorm van ’n pyl wat na In­ge se ge­slags­deel wys.

“Hier­die saak het ken­te­kens van ’n baie ge­lo­wi­ge on­der­toon; dit is dalk ’n bood­skap of ’n stel­ling wat die moor­de­naar ge­maak het.”

Vol­gens Mol­let is hier­die saak se uit­koms baie te­leur­stel­lend. Hy voer aan die staat is nooit die ge­leent­heid ge­gee om sy be­toë te ont­wik­kel nie, en daar­deur geen sterk be­wy­se voor die hof te plaas nie, hoe­wel hul­le dit ge­had het.

Die feit dat reg­ter Je­a­net­te Tra­ver­so nie die staat toe­ge­laat het om die ge­tui­e­nis en be­wy­se van De­wa­ni se sek­su­a­li­teit aan te bied nie en daar­deur sy dub­be­le le­we te ont­bloot nie, moes nooit ge­beur het nie.

In hier­die saak is daar be­wy­se wat die on­der­soek­span mis­ge­kyk het. Nie net dit nie, maar Os­car se weer­ga­we moes ster­ker ge­toets wees.

Pis­to­ri­us se slaap­ka­mer­deur was be­ska­dig deur ’n merk wat deur ’n wind­buks se bal­le­tjie ge­maak is. Ver­der was daar kap­houe aan die kant van die deur.

“Dit is eers ná die tyd ge­vind en as die staat dit aan­ge­bied het, sou dit dalk ’n ver­skil kon maak,” meen Mol­let.

Fo­to: ADRIAN DE KOCK

T­ho­mas Mol­let wys ’n ha­mer soos die een waar­mee In­ge Lotz ver­moor is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.