T­reu-tof­fie vir WP

Die Burger - - 1 -

Dank­sy die feit dat ek ’n joer­na­lis is, kan ek iets sê wat die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie nie mag nie: Die “Paul T­reu-voor­val” het vir dié rug­by­u­nie ’n ys­li­ke pro­bleem met trans­for­ma­sie ge­skep.

Om die ge­heue te ver­fris: T­reu het glo uit ’n her­sie­nings­ver­ga­de­ring van die S­tor­mers se Su­per­rug­by-veld­tog ge­storm. Hy het ge­voel sy in­set­te word nie na waar­de ge­skat nie en was keel­vol daar­voor om na be­we­ring sleg be­han­del te word. Ter­wyl die WP in die o­pen­baar sê hy meen die kwes­sie kan be­red­der word, ver­neem ek dat dit oor en ge­daan is wat die hui­di­ge sa­me­stel­ling van die S­tor­mers se af­rig­ting­span be­tref.

Die ver­hou­ding tus­sen T­reu en die hoof­af­rig­ter, Rob­bie F­leck, as­ook die Nieu-See­land­se hulp­af­rig­ter, Paul Feen­ey, is glo baie sleg.

Sou T­reu be­sluit om groe­ner wei­vel­de te vind, laat dit die WP se be­amp­tes met ’n pro­bleem waar­oor hul­le hul straks ag­ter die skerms ver­knies: Hoe ge­maak om ’n be­kwa­me “ge­kleur­de” af­rig­ter vir hul be­stuur­span te kry?

Die Sout­hern Kings se De­on Da­vids sou ’n goeie keu­se ge­wees het as dit nie daar­voor was dat hy waar­skyn­lik groot­ge­maak word om Ras­sie Eras­mus in die toe­koms as die S­pring­bok-af­rig­ter op te volg nie.

Hoe­wel Eras­mus ’n kon­trak van ses jaar het, is die ver­wag­ting dat hy sy aan­dag vroe­ër eer­der as la­ter weer heel­tyds op sy pos as die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie se di­rek­teur van rug­by sal ves­tig. As die S­tor­mers vir F­leck be­hou, is dit nie in Da­vids se be­lang om Kaap toe te kom nie.

In Suid-A­fri­ka is dit ’n al­ge­me­ne ver­skyn­sel dat daar ’n “ge­kleur­de” hulp­af­rig­ter moet wees, ter­wyl die pos van span­be­stuur­der soms ook ge­bruik word om trans­for­ma­sie­ver­eis­tes na te kom. T­reu is nie ie­mand wat jy om trans­for­ma­sie­ver­eis­tes aan­stel en van wie jy moet ver­wag om in die hoek te sit en stil­bly nie.

Daar­voor het hy al te veel be­reik.

In al­le eer­lik­heid is hy nie ge­skik vir ’n hulp­af­rig­ters­pos nie. Hy is ’n hoof­af­rig­ter, wat self ’n span se rig­ting en kul­tuur moet be­paal. Die i­ro­nie van die dra­ma is dat die WP des­tyds met Gert S­mal se aan­stel­ling as di­rek­teur van rug­by juis van hom sou ver­wag het om toe te sien dat die u­nie se af­rig­ting­struk­tu­re be­lyn is. ’n Ge­val soos dié van T­reu wys daar­op dat dit al­ler­mins die ge­val is.

Die WP is waar­skyn­lik ook die u­nie wat die mees­te aan sa­la­ris­se vir af­rig­ters be­stee, om­dat daar as’t wa­re drie vlak­ke is – heel bo is S­mal, ge­volg deur F­leck en dan die Cur­rie­be­ker-af­rig­ter, John Dob­son. F­leck en Dob­son het ook hul eie be­stuur­span­ne.

Die pro­bleem met die vuil was­goed wat in die o­pen­baar ge­was word, is dat die WP as ge­volg daar­van kan suk­kel om groot vis­se vir die S­tor­mers te vang, wat an­der­sins nie veel moei­te sou ge­verg het nie.

Du­a­ne Ver­meu­len en S­chalk B­rits se per­soon­li­ke om­stan­dig­he­de is van so ’n aard dat hul­le veel eer­der in die Kaap as in P­re­to­ria wil bly. ’n Mens won­der of die beeld wat die WP tans uit­straal, sa­ke nie dalk in die Bul­le se guns gaan swaai nie.

Twee Bul­le waar­in die WP glo be­lang­stel – Em­bro­se Pa­pier en War­rick Ge­lant – sal dalk ook mooi dink voor­dat hul­le Kaap toe trek.

In­tus­sen sal dit vir F­leck en Feen­ey ’n be­pa­len­de week wees. Die WP se di­rek­sie ver­ga­der en tot voor die T­reu­voor­val sou die sta­tus quo waar­skyn­lik ge­geld het wat die af­rig­ting­span be­tref. F­leck se pos is dalk vei­lig, maar tus­sen die ly­ne kry ek die in­druk dat die WP uit­ge­kui­er is met Feen­ey. Hoe dán met die hulp­af­rig­ters ge­maak?

Die ge­skie­de­nis het ons ook al ge­leer dat die WP met­ter­tyd keel­vol raak vir di­rek­teurs van rug­by. Des­tyds het hul­le vir Nick Mal­lett ge­sê hy kan in dié pos aan­bly mits hy be­reid is om ook die S­tor­mers af te rig. Eras­mus het ook uit ’n soort­ge­ly­ke rol by die WP be­dank. Kan dit wees dat S­mal dalk ge­vra sal word om sy moue op te rol en self by die af­rig­ting be­trok­ke te raak? En wie gaan die ge­kleur­de hulp­af­rig­ter wees?

Paul T­reu

Laag­vat S­te­phen Nell

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.