‘C­lif­fie het vir al­mal die ek­stra myl ge­loop’

Die Burger - - 1 - Ja­na B­rey­ten­bach

Hy was ’n broer, ’n pel en ’n ver­trou­e­ling.

Dít is een van die ve­le hul­de­bly­ke wat gis­ter by die oudstoei­er en WP-rug­by­spe­ler C­lif­ford Et­ze­beth (69) se be­graf­nis ge­deel is.

Et­ze­beth is uit die Good­wood AGS kerk be­gra­we. So­wat 1 400 men­se het die diens by­ge­woon.

Et­ze­beth is op Son­dag 22 Ju­lie aan ’n hart­aan­val dood ter­wyl hy sy bak­kie op die R300 be­stuur het. Die bak­kie het ge­rol en op die dak op die gras tus­sen die twee ba­ne te lan­de ge­kom.

Et­ze­beth is die broer van Har­ry Et­ze­beth, pa van die S­pring­bok rug­by­spe­ler Eb en Et­ze­beth.

Et­ze­beth se 90-ja­ri­ge ma, El­len, het ook die diens by­ge­woon.

Ver­skeie oud­rug­by­spe­lers, stoei­ers en ja­re lan­ge vrien­de het die diens by­ge­woon.

Die eer­ste hul­de­blyk was deur Hay­den A­bra­hams, voor­sit­ter van die Good­wood-stoei­klub.

“Hier­die is ’n hart­seer­dag vir al­mal van ons. C­lif­fie het al­tyd die ek­stra myl vir al­mal ge­loop,” het hy ge­sê. “Hy was ’n on­ge­loof­li­ke af­rig­ter, vriend en men­tor. Ek is van­dag ’n be­ter mens as ge­volg van hom.”

Sak­kie Bos­se van die SA Stoei­ers ver­e­ni­ging het ge­sê C­lif­fe was ’n “groot man met ’n klein hart wat sy le­we vol­uit ge­le­we het”.

“Ons al­mal het ’n spek­trum van won­der­li­ke her­in­ne­rin­ge aan C­lif­fie. Sy fa­mi­lie was vir hom baie be­lang­rik en hy was die ge­luk­kig-

ste wan­neer hy saam met hul­le was.”

C­lif­fie se ja­re lan­ge boe­sem­vriend, Da­vid B­riers, se hul­de­blyk is vir hom ge­lees om­dat hy self te e­mo­si­o­neel was.

Vol­gens B­riers se hul­de­blyk was sy bes­te pel baie lief vir poet­se bak. Hul­le het saam baie stou­tig­he­de be­leef.

“Jy was gro­ter as die le­we self; jy het ge­gee en ge­deel. Jy was die gom wat die vriend­skap vas­ge­hou het en jy was nie bang om van al­mal te ver­skil as jy so ge­voel het nie. Jy was ons broer, ons pel en ver­trou­e­ling. Jy het din­ge ver­mag wat min men­se kon.”

Et­ze­beth se seun, C­lif­ford Et­ze­beth jr., het be­woë ge­raak ter­wyl hy sy hul­de­blyk ge­le­wer het.

Hy het ver­skeie staal­tjies oor sy pa met die ge­hoor ge­deel.

“Pa moet sag rus. Dis tyd om te rus. Ons het die sto­ries en die her­in­ne­rin­ge wat ons na­by ons har­te hou.”

Le­de van die Ha­mil­tons-rug­by­klub on­der lei­ding van Mor­né du P­les­sis het die kis van C­lif­ford Et­ze­beth by die AGS Good­wood-kerk in- en uit­ge­dra. Die dra­ers was Du P­les­sis, H.O. de Vil­liers, Bos­sie Clar­ke, Piet Gel­den­huys, F­rik­kie Nau­dé en Ar­ni Mohr.

Fo­to’s: JA­CO MARAIS

E­ben Et­ze­beth (regs) sit tus­sen an­der fa­mi­lie­le­de op die be­graf­nis van sy oom C­lif­ford Et­ze­beth.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.