Seun sterf toe taxi met 29 men­se in on­ge­luk is op N2

Die Burger - - 1 - Ma­re­li­ze Bar­nard

Die N2-snel­weg is gis­ter­og­gend ge­sluit om die kop van ’n seun­tjie te soek wat in ’n taxi-on­ge­luk ont­hoof is.

Ken­ny A­fri­ca, Wes-Kaap­se pro­vin­si­a­le ver­keers­hoof, sê die mi­ni­bus­taxi was vroeg­og­gend met 29 leer­lin­ge on­der­weg in die rig­ting van Kaap­stad. Die kin­ders in die taxi is van ver­skil­len­de s­ko­le.

Die be­stuur­der, ’n 27-ja­ri­ge

man wat nie ’n ry­be­wys het nie, het om­streeks 06:50 be­heer oor die voer­tuig ver­loor en dit het teen die re­ling van die pad ge­bots in die om­ge­wing van die Bor­cherds Qu­ar­ry-af­rit na die Kaap­stad In­ter­na­si­o­na­le Lug­ha­we.

“Die seun­tjie het ag­ter in die voer­tuig ge­sit. Hy is on­ge­luk­kig ont­hoof in die on­ge­luk,” sê A­fri­ca.

Die on­ge­luk was so gru­saam dat die snel­weg ge­sluit moes

word so­dat daar na die kind se kop ge­soek kon word.

A­fri­ca sê die an­der kin­ders in die taxi is net lig be­seer.

Die to­neel is aan die po­li­sie oor­han­dig en die be­stuur­der van die taxi is in heg­te­nis ge­neem.

A­fri­ca sê die taxi was be­slis oor­laai.

Die seun was glo se­we jaar oud. Hy was ’n gr. 1-leer­ling aan die Ho­ly Cross Ro­man Cat­ho­lic P­ri­ma­ry S­chool in Wal­mer E­sta­te.

’n Woord­voer­der van die s­kool sê die seun was van K­haye­lit­sha. Hy was die e­nig­ste leer­ling van Ho­ly Cross in die taxi.

Die seun­tjie se ma is na die to­neel laat kom, waar die nuus van sy aak­li­ge dood aan haar ge­gee is. Meer in­lig­ting oor die seun se i­den­ti­teit is nog nie be­kend ge­maak nie.

Be­ne­wens dat die taxi oor­laai was, was dit boon­op on­pad­waar­dig, sê A­fri­ca.

Jes­si­ca S­hel­ver, woord­voer­der

van die Wes-Kaap­se on­der­wys­de­par­te­ment, sê die de­par­te­ment sal be­ra­ding aan die leer­lin­ge bied. Sy sê die taxi was nie amp­te­li­ke ver­voer van die on­der­wys­de­par­te­ment nie.

Kapt. FC van Wyk, ’n po­li­sie­woord­voer­der, sê die po­li­sie on­der­soek ’n klag van straf­ba­re man­slag.

Van Wyk het be­ves­tig die be­stuur­der het nie ’n ry­be­wys nie en dat die taxi on­pad­waar­dig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.