‘Mag dit die ein­de van on­min in DA wees’

Die Burger - - 2 - War­da­ Mey­er

Die DA het blyk­baar aan el­ke wens van Pa­tri­cia de Lil­le, bur­ge­mees­ter van Kaap­stad, ge­hoor ge­gee.

Hy is hoop­vol dat dit nou die ein­de van die on­min in die par­ty se ge­le­de­re sal wees, sê Bong­in­ko­si Ma­di­ki­ze­la, Wes-Kaap­se lei­er van die DA.

“Wat be­lang­rik is, is dat De Lil­le ge­kry het waar­voor sy ge­vra het en dat sy nou in Au­gus­tus voor die DA se fe­de­ra­le regs­kom­mis­sie sal ver­skyn.”

Hy sê hy kan hom nie uit­laat oor die oor­een­koms tus­sen die par­ty­lei­ers en De Lil­le nie, aan­ge­sien hy nie daar­by be­trok­ke was nie.

De Lil­le het Woens­dag­aand met M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, ver­ga­der en ’n oor­een­koms is be­reik.

In die lig van dié oor­een­koms is ’n mo­sie van wan­troue in De Lil­le Don­der­dag laat vaar en ’n nu­we tug­ver­hoor, wat oop sal wees vir die me­dia, sal so gou moont­lik in Au­gus­tus be­gin.

“Ons hoop dat ons ná die fi­na­li­se­ring van die tug­ver­hoor met ons le­we kan aan­be­weeg,” het Ma­di­ki­ze­la ge­sê.

In­tus­sen het hoog­ge­plaas­te bron­ne in die Wes-Kaap­se wet­ge­wer ge­rug­te ont­ken dat De Lil­le ’n pos as lid van die pro­vin­si­a­le wet­ge­wer gaan aan­vaar.

Ver­skeie DA-le­de het ge­sê hul­le het nie al die be­son­der­he­de van die oor­een­koms tot hul be­skik­king nie, maar meen dit is on­waar­skyn­lik dat die bur­ge­mees­ter van Kaap­stad so ’n pos sal aan­vaar.

De Lil­le kon nie vir kom­men­taar be­reik word nie, maar het reeds ver­skeie ke­re ge­sê dat dit vir haar nie oor pos­te gaan nie, maar meer oor haar naam.

Fo­to:­ WILLIAM­ MCINTOSH

Bong­in­ko­si­ Ma­di­ki­ze­la,­ die­ Wes-Kaap­seDA-lei­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.