Mu­ga­be­ stem­ as­ ge­wo­ne­ bur­ger

Die Burger - - 2 - Sa­rel van der Walt

Die 94-ja­ri­ge oud­pres. Ro­bert Mu­ga­be het gis­ter­mid­dag die eer­ste keer as ’n ge­wo­ne Zim­bab­wie­se bur­ger sy stem in dié land se verkiesing uit­ge­bring.

In die vo­ri­ge 38 jaar was hy Za­nu-PF se kan­di­daat.

Mu­ga­be se vrou, Gra­ce, was saam met hom, om­ring deur vei­lig­heids­wag­te. Hul­le het geen vrae be­ant­woord nie.

Mu­ga­be loop baie moei­lik en het et­li­ke mi­nu­te in die stem­lo­kaal in die

woon­buurt Hig­hfield in Ha­ra­re deur­ge­bring.

Hy en sy vrou is in ’n swart Mer­ce­des-Benz daar weg. Om­stan­ders het langs die mo­tor ge­hard­loop.

Mu­ga­be het Son­dag ’n op­skud­ding ver­oor­saak toe hy ge­sê het hy sal nie vir sy op­vol­ger, pres. Em­mer­son M­nang­ag­wa, of Za­nu-PF stem nie. “Ek kan nie stem vir men­se wat my ge­py­nig het nie.” –

Oud­pres.­ Ro­bert­ Mu­ga­be­ plaas­ gis­ter­mid­dag­sy­ stem­brief­ in­ ’n­ hou­er­ na­dat­ hy­ sy­ krui­sie­ge­trek­ het.­ Regs­ van­ hom­ is­ sy­ vrou,­ Gra­ce.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.