Hen­ri-pro­gram wys twiets, moord­to­neel

Sy tan­nie en mei­sie bly lo­jaal

Die Burger - - 3 - Ja­na B­rey­ten­bach

Het sy Hen­ri van Breda in die oë ge­kyk en hom ge­vra of hy sy ge­sin met ’n byl dood­ge­kap het?

Dit was een van die be­lang­rik­ste vrae wat op die Aus­tra­lie­se ak­tu­a­li­teits­pro­gram

60 Mi­nu­tes Aus­tra­lia aan Van Breda se mei­sie, Da­niel­le Jan­se van Rens­burg, ge­vra is.

“Nee, nie so nie,” ant­woord Jan­se van Rens­burg.

“Ek het hom nie in die oë ge­kyk en hom ge­vra nie. Soos ek hom ken . . . hy hou nie daar­van om an­der in pyn te sien nie. Hy sal eer­der die pyn self ver­duur.

“Niks het my laat dink dat sy sto­rie nie sin maak nie. Sy ver­tel­ling het vir my sin ge­maak, selfs son­der e­ni­ge be­wy­se.”

Die on­der­houd met Jan­se van Rens­burg, as­ook met die staats­aan­kla­er, on­der­soek­be­amp­te en Van Breda se tan­nie Leen­ta Nell is Son­dag op die ak­tu­a­li­teits­pro­gram 60 Mi­nu­tes in Aus­tra­lië uit­ge­saai.

Die pro­gram fo­kus op die fei­te soos wat in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ge­tuig is met daar­by die kom­men­taar van Jan­se van Rens­burg, wat die waar­heid steeds be­twis.

Adv. Su­san Gal­lo­way, staats­aan­kla­er, sê in die on­der­houd dat ’n be­lang­ri­ke punt die leu­en is wat Van Breda ver­tel het: dat hy in die bad­ka­mer ge­staan

het ter­wyl die aan­val­ler sy broer en pa met ’n byl dood­kap.

“Dit strook nie. Daar was bloed­spat­sels aan sy kle­re, maar niks aan die bad­ka­mer­deur nie,” sê sy.

Sers. Mar­lon Ap­pol­lis, on­der­soek­be­amp­te, sê in sy on­der­houd met die joer­na­lis Liz Hay­es die aan­val op die ge­sin kon nie ’n roof­tog ge­wees het nie.

Daar was te veel duur i­tems wat nie ge­steel is nie, vol­gens Ap­pol­lis.

Toe hier­die punt aan Jan­se van Rens­burg ge­stel is, het sy ge­sê sy weet nie hoe­kom daar niks ge­steel is nie.

“Hy (die ro­wer) het tien teen een ge­dink hy moet ont­slae raak van die men­se wat hom pro­beer keer het om te steel.

“Ek kan dit nie ant­woord nie. Al­le si­tu­a­sies ver­skil en ’n mens kan nie net aan­na­mes

maak nie.”

Vol­gens dr. Ma­ri­an­ne Tie­mens­ma, fo­ren­sie­se pa­to­loog, was Van Breda se won­de self toe­ge­dien.

Sy won­de het in ’n groot ma­te met me­kaar oor­een­ge­stem. Die won­de was aan lig­gaams­de­le waar hy self mak­lik kon by­kom en die vel is net ge­breek.

Jan­se van Rens­burg is ge­vra of sy nie dink dit was vreemd dat Van Breda so min won­de het ver­ge­le­ke met dié van sy ge­sins­le­de

nie.

“Nee,” sê sy en kyk vir ’n oom­blik na die vloer.

“Ek was nie daar nie. In sul­ke om­stan­dig­he­de kon e­nig­iets ge­beur het. Jy kan nie reg­tig ’n fo­to be­oor­deel net deur daar­na te kyk nie.”

Op ’n vraag oor sy e­pi­lep­tie­se aan­val­le sê Jan­se van Rens­burg dit is se­ker nie die re­de nie, “maar dit plaas baie din­ge wat ek voor­heen nie ver­staan het nie in per­spek­tief”.

La­ter is sy per­ti­nent ge­vra of sy glo Van Breda het self sy won­de toe­ge­dien en of dit al­les oor­een­stem met ie­mand wat aan­ge­val is. Sy sê sy glo nie hy het self sy won­de ver­oor­saak nie en dit stem oor­een met ie­mand wat aan­ge­val is. Sy het la­ter ook ge­sê dit was iets wat hul­le nie reg­tig in die ver­hoor ge­pla het nie.

Nell, die ver­moor­de Te­re­sa van Breda se sus­ter, sê sy het ook nie Van Breda ge­vra of hy skul­dig is nie.

Die joer­na­lis kyk ver­stom na haar en vra: “Hoe­kom nie? Dit moet dan die be­lang­rik­ste vraag wees: ‘Het jy my sus­ter dood­ge­maak?’ ”

Nell sê dit het nie vir haar saak ge­maak nie.

“Ek wou hom e­mo­si­o­neel on­der­steun. Die Hen­ri wat ek al 19 jaar ken . . . daar was niks wat my laat dink het daar is e­ni­ge ge­vaar­lik­heid in hom nie.”

Die joer­na­lis vra Nell dan of Van Breda se sus­ter, Mar­li, die uit­spraak aan­vaar het. “Wan­neer ons met haar praat, praat ons nie daar­oor nie.”

‘‘

Sy ver­tel­ling het vir my sin ge­maak, selfs son­der e­ni­ge be­wy­se.

Fo­to’s: 60 MI­NU­TES AUS­TRA­LIA

’n Twiet deur 60 Mi­nu­tes Aus­tra­lia waar­in fo­to’s van Hen­ri van Breda en Da­niel­le Jan­se van Rens­burg ge­wys word. ’n Twiet waar­in ’n fo­to van die moord­to­neel ge­wys word.

Van Breda in die am­bu­lans ná die by­l­moord op sy ou­ers en broer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.