Wes-Kaap se dam­vlak­ke styg nog ’n bie­tjie

Die Burger - - 4 - Mal­her­be Nie­na­ber

Dam­vlak­ke oor groot de­le van die Wes-Kaap het nog ’n bie­tjie ver­der bo 50% ge­styg, on­danks die warm weer en min re­ën die af­ge­lo­pe week.

In­tus­sen voor­spel die SuidA­fri­kaan­se Weer­diens ’n 30%-kans op re­ën vir mô­re en Vry­dag, groot­liks oor die Suid­wes-Kaap.

Die Wes-Kaap se ge­mid­del­de dam­vlak het teen gis­ter ge­styg tot 50,5% (van­af 50,03%), ter­wyl dit ver­le­de jaar in die oor­een­stem­men­de tyd­perk 27,32% was.

Die ge­mid­del­de vlak van Kaap­stad se dam­stel­sel het ook tot 56,46% ge­styg (van­af 56,08%) – ver­ge­le­ke die 27,49% dié tyd ver­le­de jaar.

Dit sluit in die T­hee­wa­ters­kloof­dam, die groot­ste op­gaar­dam in die pro­vin­sie, waar die vlak tot 41,58% ge­styg het (van­af 41,27%). Ver­le­de jaar was dié dam tus­sen Vil­liers­dorp en Gra­bouw slegs 21,27% vol.

Daar­by het die Be­ne­de-S­teen­bras­dam (57,27%), die Vo­ël­vlei­dam (58,83%) en die Ber­g­ri­vier­dam (86,05%) se vlak­ke ook ge­styg.

Al­te­saam 21,3 mm re­ën is die af­ge­lo­pe se­we dae by die Be­ne­deS­teen­bras­dam ge­meet – die hoog­ste re­ën­val wat by die pro­vin­sie se dam­me ge­meet is.

Die Wem­mers­hoek­dam se vlak het eg­ter ef­fens tot 84,34% ge­daal, van 84,97% af.

Die ses dam­me wat mees­te van Kaap­stad se wa­ter le­wer, is tans meer as dub­beld so vol ver­ge­le­ke die­self­de tyd­perk in 2017.

In die noord­wes­te van die pro­vin­sie het die Clan­wil­li­am­dam se vlak ook ge­daal tot 98,54% (van­af 98,63%), ter­wyl die dam se slui­se ’n paar we­ke ge­le­de oop­ge­maak is om oor­tol­li­ge wa­ter vry te stel.

Die Ka­ree­d­am, bui­te Cal­vi­nia in die Noord-Kaap, se vlak staan op 61,9%, teen­oor 8,74% dié tyd ver­le­de jaar.

Mees­te van die dam­me in die Suid-Kaap en Ka­roo se vlak­ke het ver­der ge­daal, met re­ën­val van on­der 10 mm wat ge­meet is.

Tal­le dam­me in die Ka­roo se vlak­ke bly steeds on­der 10%.

Die Ou­k­loof­dam, na­by Prins Al­bert, se vlak is slegs 0,49%, met die Gam­ka­dam en Gam­ka­poort­dam, na­by Leeu-Gam­ka, wat leeg is.

Ver­der is die Kam­ma­nas­sie­dam, tus­sen Oudts­hoorn en Dys­sel­dorp, net 3,6% vol en die S­tomp­drift­dam, na­by Oudts­hoorn, se vlak staan op 5,7%.

Die Flo­ris­kraal­dam, suid van Laings­burg, en die Prins­ri­vier­dam, na­by Prins Al­bert, is al­bei 6,75% vol.

Daar­by staan die Leeu-Gam­ka­dam se vlak op 10,14%, die Ca­litz­dorp­dam op 14,08% en die Bel­lai­r­dam tus­sen Bar­ry­da­le en Mon­ta­gu op 16,54%.

Die Har­te­bees­t­kuil­dam, na­by Mos­sel­baai, is ook slegs 4,75% vol, met die Mier­tjie­s­kraal­dam, na­by Ri­vers­dal, wat op 7,36% staan.

Die weer­diens ver­wag ’n 30%-kans op re­ën mô­re in Kaap­stad, Mal­mes­bu­ry en Lan­ge­baan, met ’n noord­wes­te­wind van tot 20 km/h.

Vry­dag is daar ook ’n 30%-kans op re­ën in V­re­den­dal, Clan­wil­li­am en Re­de­ling­huys, met ’n kans op re­ën­buie in Kaap­stad, die Paarl, Mal­mes­bu­ry, Lan­ge­baan, Her­ma­nus, Gra­bouw, Wor­ces­ter en Ce­res.

In die Oos-Kaap is daar Vry­dag ook ’n 30%-kans op re­ën­buie in Oos-Lon­den, B­his­ho, Fort Beau­fort, Cra­dock en Qu­een­stown.

‘‘

Die dam­me in die Suid-Kaap en Ka­roo se vlak­ke het eg­ter nog ver­der ge­daal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.