37 pro­duk­sies op die plan­ke

Jong ak­teurs gaan hul slag wys

Die Burger - - 6 - Ma­ri­a­na Ma­lan

Die Fraserburg Logan-toneelfees, wat van­dag be­gin, was al vir me­ni­ge ak­teur die eer­ste stap­pie na die pro­fes­si­o­ne­le ver­hoog.

Een van hul­le is Vil­jé Ma­ritz, wat van­jaar een van die be­oor­de­laars is.

Hy is op hier­die ein­ste fees raak­ge­sien toe hy in 2007 te sien was in Die re­bel­lie van La­fras Ver­wey.

Die vol­gen­de jaar was hy ’n wen­ner in die ATKV-tie­ner­to­neel­fees en het hy som­mer ná ma­triek by Bin­ne­lan­ders in­ge­val.

“Ek is nie som­mer reg­uit in ’n rol in nie,” sê hy. “Ek moes eers da­rem leer. Ek het al­les ge­doen van kof­fie maak tot leer be­lig­ting doen.”

Ma­ritz wil hê deel­ne­mers aan to­neel­fees­te vir jon­ges moet weet dat dit nie som­mer ’n kits­pad na roem is nie.

“Dis nie ’n mak­li­ke reis om ’n ak­teur te wees nie. Ag­ter my lê baie sweet en tra­ne.”

Sy pas­sie vir te­a­ter, te­le­vi­sie en rol­pren­te hou hom in die rig­ting wat hy ge­kies het. Hy is im­mers ’n der­de­ge­slag­ak­teur – sy pa is Al­bert Ma­ritz en sy ou­pa wy­le Da­wie Ma­ritz.

“Daar is baie span­ning in kom­pe­ti­sies. Deel­ne­mers moet pro­beer om te ver­geet van stres en ge­niet wat hul­le doen,” sê hy.

Die Fraserburg Logan-toneelfees word van van­dag tot Sa­ter­dag in die skool­saal van die Ho­ër­skool Fraserburg ge­hou. Dis die oud­ste fees in A­fri­kaans wat aan­een­lo­pend op een plek ge­hou word en word van­jaar die 43ste keer aan­ge­bied. Dit is ook die e­nig­ste fees in die land wat voor­sie­ning maak vir in­skry­wings in kin­der­tuin-, la­er- s­kool- en ho­ër­skool­af­de­lings.

37 pro­duk­sies is van­jaar op die pro­gram. S­ko­le van so ver as Kat­hu, Ka­ka­mas, U­ping­ton, Kaap­stad, Port E­li­za­beth, Ce­res en Kim­ber­ley neem deel.

Van­jaar woon agt nu­we s­ko­le die fees by, met on­der meer in­skry­wings van die Ho­ër­skool S­trand en G­rey-kol­le­ge in Bloem­fon­tein.

Hoe­wel die fees oor­we­gend A­fri­kaan­se pro­duk­sies aan­bied, bring som­mi­ge s­ko­le ook pro­duk­sies in En­gels. Van­jaar bied The S­ta­ge-te­a­ter­groep The Fu­ne­ral en Gym aan, en die La­er­skool Wel­ge­moed bring The Ma­gic Lamp.

‘‘

Daar is baie span­ning in kom­pe­ti­sies. Deel­ne­mers moet pro­beer om te ver­geet van stres en ge­niet wat hul­le doen.

Saam met Ma­ritz is die an­der be­oor­de­laars Ni­co­le Holm, on­der meer be­kend vir haar rol in Die boek­klub op kykNET, en Il­ne Fou­rie, ’n te­a­ter­ken­ner van Bloem­fon­tein.

Op­voe­rings be­gin van­dag tot Don­der­dag om 17:30 en Vry­dag en Sa­ter­dag reeds om 17:00. Kon­tak Ji­a­na­di by 078 875 2217 of ji­a­na­di­haas@gmail.com vir plek­be­spre­kings.

Kaar­tjie­pry­se wis­sel tus­sen R20 en R40.

Die vol­le­di­ge fees­pro­gram, as­ook fo­to’s en an­der in­lig­ting, is be­skik­baar op die fees se Fa­ce­book-web­blad on­der Fraserburg Logan Toneelfees.

Vil­jé Ma­ritz

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.