Keel­vol kro­ko­dil byt han­teer­der

Die Burger - - 9 - Ma­re­li­ze Bar­nard

Daar is tal­le ma­nie­re waar­op ’n mens ’n in­kom­ste kan ver­dien, maar om jou he­le arm in ’n kro­ko­dil se keel af te druk is dui­de­lik nie die bes­te i­dee nie.

’n Vi­deo van ’n kro­ko­dil wat be­sluit het hy het nou ge­noeg ge­had en sy ka­ke om sy han­teer­der se arm toe­klap, word se­dert Son­dag wyd op so­si­a­le me­dia ver­sprei.

Eers sien ’n mens hoe die 45-ja­ri­ge han­teer­der ge­naamd Tao by die kro­ko­dil in die P­hok­katha­ra-die­re­tuin in die noor­de van T­hai­land hurk.

Dit lyk as­of Tao die kro­ko­dil terg, dan ’n deel van sy voor­arm in die kro­ko­dil se bek druk en dan wrag­gies pro­beer om dit die­per in te druk. Dit is in dié sta­di­um dat die kro­ko­dil sy ka­ke toe­slaan.

Tao ont­snap na­dat hy ’n se­kon­de of wat deur die kro­ko­dil rond­ge­pluk word.

Ho­pe­lik gaan spreek hy nog van­dees­week ’n be­roeps­voor­lig­ter wat ’n be­ter be­roep kan voor­stel.

Fo­to: SKERMGREEP/YOUTUBE

Kom, kro­ko­dil . . . ’n Han­teer­der by ’n T­hai­land­se die­re­tuin wys hoe hy sy arm in ’n kro­ko­dil se bek druk.

Fo­to: GETTY IMAGES

Mi­ke en Za­ra Tin­dall by prins Har­ry en Meg­han Mar­kle se troue.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.