Wat maak ry­kes met al hul geld?

Die Burger - - 10 - A­bel van der Mer­we, Wor­ces­ter

Ek skryf na­dat ek ge­lees het wat se­ke­re in­di­vi­due in die sa­ke­wê­reld ver­dien.

Hoe­kom is dit no­dig om by­voor­beeld R80 mil­joen, plus ’n bo­nus van R20 mil­joen, per jaar te kry? Daar is die­ge­ne wat selfs meer ver­dien, om nie eens te praat van die by­voor­de­le nie.

Ek gee toe dat as ie­mand ’n top­po­si­sie be­klee dat dit met goeie ver­goe­ding ge­paard­gaan, maar is daar nie per­ke nie? Wat maak jy met so­veel geld?

Dit laat my in ’n ma­te be­gryp waar­om daar sta­kings is. Dié op voet­sool­vlak suk­kel om die mas op te kom – en ter­wyl hul­le voel dat hul­le an­der ten kos­te van hul­le­self ver­ryk, wil hul­le in die wins­te van ’n maat­skap­py deel.

An­der­sins, hoe kan ie­mand hier­die as­tro­no­mie­se be­drae neem s on­der­om die so­si­aal maat­skap­li­ke pro­ble­me van hul werk­ne­mers te pro­beer op­los?

Daar is wel top­sa­ke­man­ne en -vroue wat dit doen, by­ge­sê.

Nog­tans is ek van me­ning dat geen di­rek­teur die reg het om hom of haar so on­reg­ver­dig te ver­ryk ten kos­te van sy/haar werk­ne­mers nie.

As ’n maat­skap­py sy wins­te so ver­sprei dat al­le werk­ne­mers voel dat hul­le ’n by­drae tot die voor­uit­gang van die maat­skap­py le­wer, be­hoort pro­duk­ti­wi­teit daar­by te baat en ’n po­si­tie­wer ar­beids­kli­maat ge­skep te word.

Ek dink ons leef in twee wê­rel­de – een van oor­vloed en een van oor­le­wing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.