Brand­stig­ting of ver­waar­lo­sing?

Die Burger - - 10 - William B­rits, Wel­ling­ton

Die trei­ne wat dees­dae so in die Kaap brand, laat ’n mens won­der oor die werk­li­ke oor­saak van die bran­de.

Ek is self ’n spoor­pen­de­laar, en die trei­ne se toe­stand en in­stand­hou­ding is so­da­nig dat hul­le self aan die brand kan slaan weens rem­me wat warm word, en oor­hoof­se ka­bels nie in stand ge­hou word nie.

Die he­le in­fra­struk­tuur is in ’n hag­li­ke toe­stand. Boon­op lyk dit as­of nie­mand iets om­trent van­da­lis­me doen nie.

Ek twy­fel ook of ie­mand die bran­de stig.

Hoe­kom hoor en sien jy nooit die brand­stig­ters nie? Hoe­kom het nie­mand nog na vo­re ge­kom en ge­sê hy/sy het die brand­stig­ters ge­sien nie?

Dit lyk as­of Metrorail weg­steek wat die werk­li­ke oor­saak van die bran­de is.

Ek is se­ker dat die trei­ne nie be­hoor­lik ver­sien word nie weens te­kor­te.

Dus word hul­le tot breek­punt toe ge­bruik. Dan word her­stel­werk ge­doen of ’n wa word ver­wy­der, wat die trein kor­ter maak en die vrag gro­ter.

Kyk maar hoe­veel men­se op ’n trein klim.

Geen trein kan só ’n vrag dra nie. Maar die trein moet loop, en dit dra by tot me­ga­nie­se fou­te en kort­slui­tings.

Daar is veel meer as wat die oog sien of die ore hoor...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.