Pos­kan­toor, waar’s my tyd­skrif­te?

Die Burger - - 10 - Piet Claas­sen, S­tel­len­bosch

In 1978 het ek en my ge­sin am­per ’n jaar lank in P­rin­ce­ton, VSA, ge­bly. Met my te­rug­keer te­ken ek in op die A­me­ri­kaan­se week­lik­se tyd­skrif Ti­me. Ek kry dit nou al veer­tig jaar lank, wel, tot on­langs toe.

’n Ruk­kie ge­le­de maak Ti­me my ’n spe­si­a­le aan­bod as ek vir drie jaar in­te­ken. Ek gryp die ge­leent­heid aan, maar in my ag­ter­kop sê ’n stem­me­tjie: “Gaan die pos­diens nog vir drie jaar be­staan?”

Wel, die stem­me­tjie was reg, want drie maan­de la­ter hou die pos­diens feit­lik heel­te­mal op.

Ek kry da­rem nog so el­ke vyf we­ke ’n Ti­me. Wat word van die an­der vier uit­ga­wes wat ek nie kry nie? Weet ie­mand?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.