Trek grond se an­gel só

Die Burger - - 11 - S­kuinskyk Max du P­reez

Die ma­nier waar­op toe­ge­laat word dat die grond­ont­ei­e­nings­de­bat ont­aard en die o­pen­ba­re sit­tings daar­oor ge­kaap word om as ’n soort re­fe­ren­dum te dien, gaan dit waar­skyn­lik on­moont­lik vir pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa maak om ’n wy­si­ging aan die Grond­wet te ver­my.

Ek het laas­week ’n groep se­ni­or sa­ke- en be­roeps­men­se, meest­al swart, oor die grond­kwes­sie toe­ge­spreek. Die re­ak­sie van baie van hul­le het my ver­stom.

Ek het met har­de fei­te en sy­fers aan hul­le ge­wys dat daar ’n re­la­tief be­perk­te be­hoef­te on­der swart Suid-A­fri­ka­ners is om te wil boer; dat die mis­luk­king met grond­her­vor­ming se­dert 1994 eer­der ’n re­flek­sie op die re­ge­ring se be­leid en on­ver­mo­ëns as op die Grond­wet is; en dat die mees­te “ge­trans­for­meer­de” pla­se ’n kom­mer­si­ë­le mis­luk­king is om­dat die staat nie die nu­we boe­re on­der­steun het nie.

Ek het do­ku­men­te en amp­te­li­ke ver­slae ge­bruik om aan te dui dat 66% van ons be­vol­king ver­ste­de­lik is; dat min­stens 10 mil­joen men­se se­dert 1994 uit tra­di­si­o­ne­le ge­bie­de na die ste­de en dor­pe van Gau­teng en die Wes-Kaap ge­trek het en nou meest­al in plak­kers­kam­pe woon.

Ek het ook uit­ge­wys dat groot de­le van die 18 mil­joen hek­taar kom­mu­na­le grond heel­te­mal on­der­be­nut word.

Ek het, dink ek, dus ’n oor­tui­gen­de saak uit­ge­maak dat die grond­hon­ger nie so­seer vir land­bou­grond is nie, maar vir ste­de­li­ke grond – men­se in plak­kers­kam­pe en ag­ter­pla­se soek ’n stuk­kie grond om ’n huis op te bou.

Grond­ont­ei­e­ning son­der of met ver­goe­ding on­der mark­waar­de in ste­de is ’n heel an­der saak as land­bou­grond.

Ek het ook ge­wys wat met an­der lan­de wat grond son­der ver­goe­ding af­ge­vat het, se e­ko­no­mie ge­beur het en dat dit ook hier kan ge­beur.

Ek het na­vor­sing aan­ge­haal wat wys dat die ar­gu­ment dat grond­be­sit die ein­de van ar­moe­de be­te­ken, meest­al vals is.

My ont­le­ding is nie goed deur van die sa­ke­lui ont­vang nie.

Van hul­le, men­se met meer as een u­ni­ver­si­teits­graad en baie suk­ses­vol in wat hul­le doen, het met die ti­pie­se so­si­a­le­me­dia-ar­gu­men­te ge­kom: Die ko­lo­ni­a­le grond­die­we het nie des­tyds de­bat­te ge­voer nie, hul­le het net ge­steel, so hoe­kom moet ons nou re­de­lik daar­oor wees?

Of: Dis nie jul­le wit men­se se saak wat ons met die grond maak nie, gee dit net te­rug.

En: Hoe sou jy voel as ie­mand jou huis be­steel en ag­ter­na met jou oor die ge­steel­de goe­de­re wil on­der­han­del?

Dit on­der­streep na­tuur­lik iets wat ek en an­der al tel­kens uit­ge­wys het: Die grond­de­bat gaan min­der oor grond as oor ge­skie­de­nis, sim­bo­liek, die reg­stel­ling van on­reg en swart waar­dig­heid.

Dit gaan oor frus­tra­sie en woe­de oor die voort­sle­pen­de on­ge­lyk­heid langs ras­ly­ne. Dit vóél net nie reg dat swart men­se so­veel min­der grond as wit men­se het nie.

Ra­map­ho­sa en sy bin­ne­kring ver­staan die kom­plek­si­tei­te en ge­va­re van grond­ont­ei­e­ning wel deeg­lik. Hul­le speel op die oom­blik vir tyd met die hoop dat dit eers ná vol­gen­de jaar se verkiesing uit­ge­sor­teer kan word.

Ek dink die druk gaan te veel word en dat die ANC nie gaan kan be­kos­tig om veel lan­ger op twee stoe­le te sit nie.

Die kom­pro­mis is dalk ’n wy­si­ging van art. 25 van die Grond­wet wat die ge­moe­de­re kal­meer, maar nie die deur vir roe­ke­lo­se ont­ei­e­ning gaan oop­maak nie – ’n “ver­stel­ling” aan die sub­ar­ti­kel wat be­paal dat die ver­goe­ding “reg­ver­dig en bil­lik” moet wees om te lees dat dit on­der spe­si­fie­ke om­stan­dig­he­de, en on­der­he­wig aan oor­sig deur ’n hof, ook nul kan wees.

’n Wets­ont­werp wat die he­le kwes­sie ver­der uit­spel, is dan ook nood­saak­lik.

Dalk is dit in elk ge­val die bes­te uit­weg.

‘‘ Die grond­de­bat gaan min­der oor grond as oor ge­skie­de­nis, sim­bo­liek, die reg­stel­ling van on­reg en swart waar­dig­heid. Dit gaan oor frus­tra­sie en woe­de oor die voort­sle­pen­de on­ge­lyk­heid langs ras­ly­ne.

Fo­to: TEBOGO LETSIE / CITY PRESS

Men­se bui­te die saal in U­ping­ton waar o­pen­ba­re sit­tings oor grond in Ju­nie ge­hou is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.