Baie my­le lê tus­sen doen en sê, mnr. Ma­na­na

Die Burger - - 11 -

Oor ’n week vier Suid-A­fri­ka Vrou­e­dag te mid­de van ge­weld teen vroue en kin­ders wat toe­ne­mend ’n al­le­daag­se ver­skyn­sel in ons sa­me­le­wing word.

Een ding wat eg­ter dié Vrou­e­dag baie re­de vir blyd­skap bied, is die be­dan­king van M­du­du­zi Ma­na­na as ANC-LP.

Die tyds­be­re­ke­ning van sy be­dan­king ver­le­de Woens­dag was vreemd om­dat dié voor­ma­li­ge ad­junk­mi­nis­ter van ho­ër on­der­wys en op­lei­ding ver­le­de jaar al in die hof skul­dig be­vind is aan die aan­ran­ding van drie vroue in ’n Jo­han­nes­burg­se nag­klub. Hy is on­der meer ’n boe­te van R100 000 op­ge­lê en het as ad­junk­mi­nis­ter be­dank, maar as ANC-LP aan­ge­bly.

Die stof het eg­ter nog skaars rond­om dié e­pi­so­de gaan lê toe dit in Mei van­jaar aan die lig ge­kom het dat Ma­na­na sy huis­hulp glo by trap­pe af­ge­stamp het.

Die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag het ver­le­de week be­sluit om hom nie hier­voor te ver­volg nie om­dat daar glo “geen re­de­li­ke voor­uit­sig op ’n suk­ses­vol­le ver­vol­ging” is nie.

Dit is dui­de­lik Ma­na­na het be­dank om ’n in­ter­ne par­le­men­tê­re tug­ko­mi­tee vry te spring waar hy sy ge­drag sou moes ver­dui­de­lik.

LP’s wat op die par­le­men­tê­re ko­mi­tee oor e­tiek en le­de­be­lan­ge dien, het ver­le­de week spe­si­aal van el­ders in die land na Kaap­stad ge­vlieg om dié tug­ver­hoor te han­teer, maar kon nie daar­mee voort­gaan nie om­dat Ma­na­na ’n dag voor die aan­vang van die ver­hoor be­dank het.

Tog is Ma­na­na on­danks sy skul­dig­be­vin­ding in De­sem­ber, by Nas­rec tot die na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee van die ANC ver­kies.

Dit blyk eg­ter hy is nie oral on­der ANC­le­de ge­wild nie. Hy is lui­dens be­rig­te twee we­ke ge­le­de by die ANC se pro­vin­si­a­le kon­gres in Gau­teng deur ’n deel van die af­ge­vaar­dig­des uit­ge­jou toe sy teen­woor­dig­heid daar aan­ge­kon­dig is. Nie­mand het vir hom han­de ge­klap nie, in teen­stel­ling met die lui­de ap­plous wat dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma, mi­nis­ter in die pre­si­den­sie, be­groet het.

Ma­na­na het in sy be­dan­kings­brief aan­ge­dui hy be­plan om ’n ge­deel­te van sy pen­si­oen­geld te skenk aan die stryd teen ge­sins­ge­weld. Jack­son Mt­hem­bu, ANC-hoof­sweep, het in re­ak­sie hier­op ge­sê dit is ’n aan­dui­ding van “ie­mand wat vol­le ver­ant­woor­de­lik­heid en be­rou” toon vir sy op­tre­de. Die vraag is eg­ter of Ma­na­na werk­lik be­rou ge­toon het en of dit maar net ven­ster­ver­sie­ring is.

Dit kom voor as­of hy bloot be­dank het om ver­de­re op­tre­de vry te spring. Hy wou dui­de­lik nie ver­der ver­ne­der word deur sy eie kol­le­gas in die par­le­ment nie.

En is dit goed ge­noeg om geld na ’n saak te gooi? Gaan die or­ga­ni­sa­sies aan wie hy ’n ge­deel­te van sy pen­si­oen­geld gaan skenk, werk­lik ’n in­vloed hê om ge­sins­ge­weld suk­ses­vol te ta­kel?

Baie my­le lê tus­sen doen en sê. As Ma­na­na werk­lik be­rou het oor sy ge­drag, sou hy nie net geld ge­bruik om be­ter te voel oor hom­self nie.

Hy sou sy nuut­ge­von­de vrye tyd ge­bruik om ak­tief be­trok­ke te raak teen ge­weld teen vroue en kin­ders.

Hy sou die ge­sig van ’n land­wye veld­tog teen ge­sins­ge­weld word en die bood­skap ver­kon­dig dat vroue re­spek ver­dien.

En dat ge­weld nooit die op­los­sing vir e­ni­ge pro­bleem is nie.

‘‘ As hy werk­lik be­rou het oor sy op­tre­de, sou hy nie net geld ge­skenk het nie.

P­hil­da Es­sop Uit die par­le­ment

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.