E­s­kom waar­sku oor krag

Die Burger - - 12 - Fran­cois Wil­li­ams en Fin24

Beurt­krag dreig weer na­dat E­s­kom gis­ter­mid­dag ge­waar­sku het dat die krag­net­werk on­der druk is.

Dit is weens in­ti­mi­da­sie by tal­le krag­sta­sies wat tans net met ’n mi­ni­mum aan­tal per­so­neel­le­de moet klaar­kom, het K­hu­lu P­ha­si­we, E­s­kom­woord­voer­der, ge­sê.

Dit kom te mid­de van die voort­sle­pen­de loon­on­der­han­de­lings tus­sen E­s­kom en vak­bon­de.

E­s­kom het aan­vank­lik 0%-ver­ho­gings aan­ge­bied ter­wyl vak­bon­de ’n 15%-ver­ho­ging ge­ëis het.

Se­dert­dien bied E­s­kom tans ’n ver­ho­ging van 7,5% aan, maar die vak­bon­de staan nog op ’n eis van 8% en dring aan op bo­nus­se, ter­wyl E­s­kom sê hy kan nie van­jaar bo­nus­se be­kos­tig nie.

Dit is ver­al die kwes­sie van bo­nus­se wat die myn­wer­kers­vak­bond NUM om­krap. NUM sê daar sal geen loon­oor­een­koms wees as E­s­kom nie bo­nus­se be­taal nie.

’n Vrag­mo­tor wat steen­kool by die Du­vha-krag­sta­sie sou af­le­wer, is ge­kaap en die vrag steen­kool is glo by die krag­sta­sie se in­gang van die vrag­mo­tor af­ge­gooi, wat be­we­ging na en van die krag­sta­sie be­lem­mer het, het P­ha­si­we vol­gens die nuus­a­gent­skap ENCA ge­sê.

Die krag­net­werk sou gis­ter­aand on­der druk wees weens ’n aan­tal op­wek­kings­een­he­de, in­slui­tend twee by Mat­la, een by Koe­berg en by Ar­not-krag­sta­sies wat tans van lyn af is, het P­ha­si­we ge­twiet.

’n Ver­voer­band wat steen­kool na die krag­sta­sie voer, is by Mat­la stuk­kend ge­sny, en E­s­kom ver­moed dit is sa­bo­ta­sie, het P­ha­si­we ge­sê.

Dit volg op soort­ge­ly­ke voor­val­le van sa­bo­ta­sie en be­lem­me­ring van wer­kers in Ju­nie toe wer­kers met ’n on­wet­ti­ge staking be­gin het.

S­teen­kool­af­le­we­ring per pad is toe by E­s­kom se steen­kool­krag­sta­sies ge­staak en beurt­krag is plek-plek land­wyd toe­ge­pas.

Ter­wyl loon­on­der­han­de­lings tus­sen E­s­kom en vak­bon­de voort­sleep, is die krag­net­werk on­der druk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.