Die­sel mô­re goed­ko­per, maar pe­trol nié

Die Burger - - 12 - Han­lie S­tad­ler

Dis ’n baie klein drup­pel­tjie aan die em­mer, maar die­sel word mô­re goed­ko­per. Die Sen­tra­le E­ner­gie­fonds het gis­ter­mid­dag aan­ge­kon­dig die­sel van al­le gra­de daal met 4c per li­ter.

Dis die eer­ste da­ling in die die­sel­prys se­dert Maart.

Die da­ling – hoe ge­ring ook al – is mo­to­ris­te met pe­trol­mo­tors nie be­sko­re nie, maar pe­trol van al­le gra­de word met 1c per li­ter duur­der. Dis die vyf­de op­een­vol­gen­de maand dat pe­trol duur­der word.

Gas word 17c per ki­lo­gram duur­der en pa­raf­fien 5c per li­ter.

Die swak­ker rand moet dié maand die skuld kry vir die sty­ging in die pe­trol­prys en die baie klein da­ling in die die­sel­prys. Die rand was die af­ge­lo­pe maand ge­mid­deld R13,47 per dol­lar werd, teen­oor R13,29 in die vo­ri­ge maand.

Son­der die swak­ker rand sou pe­trol tus­sen 8c en 9c per li­ter goed­ko­per kon word en die­sel na­ge­noeg 15c per li­ter.

Dis om­dat die prys van ru­o­lie ef­fens te­rug­ge­sak het ver­ge­le­ke met die vo­ri­ge maand, toe dit net ho­ër as $80 per vat ge­daal het. Dit be­loop nou na­ge­noeg $74 per vat.

Die­sel kos nou R14,41 per li­ter in Gau­teng en R13,92 aan die kus.

Pe­trol kos nou R16,03 in Gau­teng en R15,44 aan die kus.

Gas se mak­si­mum klein­han­del­prys is nou R25,76 per ki­lo­gram in Gau­teng en R23,72 aan die kus.

Pa­raf­fien kos nou R9,53 per li­ter in Gau­teng en R8,93 aan die kus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.