Hu­la­min-wins krimp in, maar daar ís lig

Die Burger - - 13 - Vi­da Booy­sen

Pres. Do­nald Trump van A­me­ri­ka se in­voer­ta­rie­we op staal en a­lu­mi­ni­um en ’n ster­ker rand het Hu­la­min se tus­sen­tyd­se wins ge­knou.

Dié Suid-A­fri­kaan­se a­lu­mi­ni­um­ver­vaar­di­ger se we­sens­ver­dien­ste per aan­deel het in die ses maan­de tot ein­de Ju­nie met 77% tot 13c ge­tui­mel.

Uit­voer na die VSA maak so­wat 22% van Hu­la­min se ver­ko­pe uit en sy klan­te sluit Elon Musk se Te­sla in.

Trump het op 8 Maart ’n pro­kla­ma­sie on­der­te­ken waar­vol­gens ’n ad va­lo­rem-hef­fing van 10% op die in­voer van a­lu­mi­ni­um in­ge­stel is en van 25% op die in­voer van staal.

Dít het die in­ter­na­si­o­na­le a­lu­mi­ni­um­prys laat bok­spring.

In die eer­ste vier maan­de van van­jaar het die prys op die Lon­den­se me­taal­mark met om­trent $300 per ton ge­daal.

Maar toe is die af­na­me skie­lik om­ge­keer toe die VSA ge­tei­ken­de sank­sies teen Rus­land aan­ge­ver­lies kon­dig het, sê Ri­chard Ja­cob, uit­voe­ren­de hoof van Hu­la­min.

“Dit het druk op die pri­mê­re a­lu­mi­ni­um­voor­raad uit Rus­land ver­oor­saak en die prys het bin­ne twee we­ke met $650 per ton ge­styg.”

’n Mens sou dink so ’n skie­li­ke en skerp sty­ging sou Hu­la­min goed ge­doen het, maar dit was al­ler­mins die ge­val.

Ja­cob ver­dui­de­lik dat dit ’n me­taal­prys­ver­tra­ging tot ge­volg ge­had het wat vir Hu­la­min ’n van R25 mil­joen ver­oor­saak het ver­ge­le­ke met ’n wins van R78 mil­joen ’n jaar te­vo­re.

Daar is eg­ter ’n skre­fie lig aan die ein­de van hier­die ton­nel.

“Die wei­fe­len­de A­me­ri­kaan­se han­dels­op­tre­de het on­se­ker­heid ge­skep wat ons pro­duk­te reg­streeks ge­raak het.

“Weens die in­voer­ta­rie­we wat nou in­ge­stel is, het in­voer na die VSA skerp ge­daal, ver­al uit C­hi­na,” sê Ja­cob.

Dit het ’n voor­raad­te­kort ver­oor­saak en Hu­la­min gaan waar­skyn­lik la­ter hier­uit voor­deel trek, want hy kon sy pry­se in die VSA ver­hoog.

Hu­la­min le­wer nis­pro­duk­te aan die A­me­ri­kaan­se mark wat nie nood­wen­dig deur an­der ver­skaf­fers ge­le­wer kan word nie.

Soos e­ni­ge an­der Suid-A­fri­kaan­se uit­voer­der, kry Hu­la­min ook swaar­der as die rand ver­sterk.

Ja­cob sê die rand het in die oor­sig­tyd­perk met 7% teen­oor die A­me­ri­kaan­se dol­lar ver­ste­wig en dus sy wins in rand­ter­me laat ver­swak.

Die groep se net­to wins het tot R42 mil­joen ver­swak teen­oor die vo­ri­ge oor­een­stem­men­de tyd­perk se R178 mil­joen.

Die to­ta­le ver­koops­vo­lu­mes het met 4% ge­daal weens la­er uit­per­sings­vo­lu­mes en ’n swak­ker eer­ste kwar­taal vir Hu­la­min se ge­rol­de a­lu­mi­ni­um­pro­duk­te soos foe­lie en a­lu­mi­ni­um­pla­te wat vir ver­pak­king soos koel­drank­blik­kies ge­bruik word.

Ja­cob wys eg­ter op Hu­la­min se sterk ba­lans­staat. Dit word deur kon­tant­vloei van R75 mil­joen ver­sterk en die on­der­lig­gen­de ver­dien­ste (son­der die me­taal­prys­ver­tra­ging) het met 23% ge­styg.

In die plaas­li­ke mark ver­wag Hu­la­min baie ster­ker druk van in­ge­voer­de C­hi­ne­se a­lu­mi­ni­um juis om­dat A­me­ri­kaan­se mark­te nou vir C­hi­na on­toe­gank­li­ker ge­word het.

“C­hi­na kyk ag­gres­sief na nu­we mark­te en ons is in ge­sprek met die re­ge­ring oor maat­re­ëls om ons eie mark teen stor­ting van C­hi­ne­se a­lu­mi­ni­um te be­skerm,” sê Ja­cob.

Hu­la­min ver­skaf on­der meer ge­rol­de a­lu­mi­ni­um aan die uit­voer­mark. Uit­voer na die VSA maak so­wat 22% van Hu­la­min se ver­ko­pe uit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.