Be­leg­gers sleep Fa­ce­book hof toe

Die Burger - - 13 -

Van Fa­ce­book se be­leg­gers sleep die so­si­a­le net­werk en sy hoof, Mark Zuc­ker­berg, hof toe na­dat swak kwar­taal­sy­fers die maat­skap­py se aan­deel­prys met tot 24% laat daal het.

By­na $120 mil­jard van Fa­ce­book se mark­waar­de is in die pro­ses uit­ge­wis.

Die klag is Vry­dag deur Ja­mes Ka­cou­ris by die fe­de­ra­le hof in New York in­ge­dien. Hy be­skul­dig Zuc­ker­berg en Da­vid Weh­ner, Fa­ce­book se fi­nan­si­ë­le hoof, daar­van dat hul­le doel­be­wus mis­lei­den­de ver­kla­rings ge­maak het en ver­suim het om die maat­skap­py se sta­di­ge groei, da­len­de be­dryfs­mar­ges en min­der ak­tie­we daag­lik­se ge­brui­kers aan be­leg­gers te o­pen­baar.

Daar word ge­hoop op ’n groep­ge­ding teen die so­si­a­le net­werk met ’n on­ge­spe­si­fi­seer­de be­drag wat as ska­de­ver­goe­ding ge­ëis word.

’n Woord­voer­der van Fa­ce­book wou nie kom­men­taar le­wer nie.

Fa­ce­book word ter­self­der­tyd deur tien­tal­le regs­ge­din­ge in die ge­sig ge­staar weens sy han­te­ring van ge­brui­kers se da­ta in ’n skan­daal waar­by die B­rit­se kon­sul­ta­sie­fir­ma Cam­brid­ge A­na­ly­ti­ca be­trek word. ’n Fe­de­ra­le hof in San Fran­cis­co het al tal­le van dié sa­ke ge­kon­so­li­deer.

Don­der­dag se bloed­bad het ook Zuc­ker­berg se sak ge­raak.

Hy en die sa­ke­man War­ren Buf­fett is al­bei ge­sien as die vier­de ryk­ste per­so­ne in die wê­reld. Maar ná die uit­wis­sing van om­t­rend $17 mil­jard van sy per­soon­li­ke ryk­dom is Zuc­ker­berg nou ses­de met ’n ge­skat­te waar­de van $66 mil­jard.

Fa­ce­book se aan­deel­prys het Vry­dag met by­na nog ’n per­sen­ta­sie­punt tot $174,89 ge­daal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.