Ver­brui­kers gaan baie min­der win­kel toe

Die Burger - - 13 - Nel­lie Brand-Jon­ker

Suk­ke­len­de ver­brui­kers koop min­der koel­drank en skoon­maak­mid­dels en gaan baie min­der win­kel toe, vol­gens die mark­na­vor­ser Niel­sen CPG.

Kel­ly Ar­nold, di­rek­teur van kli­ën­te­diens van Niel­sen, sê ver­brui­kers be­leef ’n “s­torm van prys­ver­ho­gings”, on­der meer in pe­trol- en e­lek­tri­si­teits­pry­se.

Die im­pak daar­van, as­ook die sui­ker­be­las­ting en die ho­ër koers van be­las­ting op toe­ge­voeg­de waar­de (BTW), op ver­brui­kers­ge­drag is diep­gaan­de.

Ver­brui­kers be­stee nou 6% min­der aan huis­hou­de­li­ke skoon­maak­mid­dels en koel­drank. Men­se be­skou skoon­maak­mid­dels as min­der nood­saak­lik, sê Ar­nold.

Dat se­ke­re groot han­dels­na­me bot­tels gas­koel­drank van 500 ml tot 450 ml ver­klein het, dra moont­lik ook by, sê sy.

Nog ’n ten­dens is dat ver­brui­kers min­der win­kel toe gaan, sê Niel­sen. In­ko­pies wat ver­brui­kers ge­woon­lik ge­du­ren­de die week ge­doen het om krui­de­niers­wa­re aan te vul, het van twee of drie keer per week tot een keer el­ke twee we­ke af­ge­neem. Ver­brui­kers be­stee ge­mid­deld R210 op so ’n be­soek aan ’n win­kel.

Ar­nold sê ver­brui­kers be­soek meer win­kel­groe­pe per jaar. Sy skryf dit toe aan men­se se prys­be­wust­heid en dat hul­le wins­ko­pies soek.

Dié ten­den­se word aan­ge­toon in ’n stu­die wat Niel­sen kwar­taal­liks on­der 4 000 huis­hou­dings doen.

Die groot­ste deel van die be­ste­ding is aan droë krui­de­niers­wa­re en be­derf­ba­re pro­duk­te. Die ver­ko­pe van sta­pel­voed­sel­pro­duk­te bly sta­biel.

Die mees­te van die be­ste­ding is aan be­vro­re hoen­der, graan­kos, sui­ker, lang­le­we­melk en blik­kies­vleis. Die ver­ko­pe van blik­kies­vleis het ver­moe­de­lik ge­styg weens die lis­te­ri­o­se-kri­sis vroe­ër van­jaar. Tal­le ver­brui­kers het toe kou­e­vleis ver­my.

Nog ’n ten­dens is dat la­er­in­kom­ste­groe­pe (LSM 1 tot 6) al hoe meer by die groot na­si­o­na­le win­kel­groe­pe be­gin koop, want van die ket­ting­win­kels het in ge­bie­de ge­o­pen waar hul­le nie voor­heen was nie.

Die ho­ër­in­kom­ste­groe­pe be­stee meer by on­af­hank­li­ke win­kels. Ar­nold sê hul­le doen hul groot maan­de­lik­se in­ko­pies by die groot win­kel­groe­pe, maar doen deur die week aan­vul­len­de in­ko­pies by klei­ner, on­af­hank­li­ke win­kels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.