Leeus kry goeie nuus voor ver­trek

Die Burger - - 14 - Chris­to Bu­ch­ner

Daar was gis­ter aan ver­skeie fron­te goeie nuus vir die Leeus se rug­by­span voor­dat hy in die vlieg­tuig Chris­t­church ge­klim het vir Sa­ter­dag se Su­per-eind­stryd teen die Cru­sa­ders.

Nie net is die blit­si­ge vleu­el Aphi­we Dy­an­tyi en die flank Cy­le B­rink fiks ver­klaar ná be­se­rings nie, maar die groot nuus wat ’n in­spui­ting vir die Leeus voor die eind­stryd sal wees, is dat El­ton Jan­tjies ’n Leeu blyk te bly en nie oor­see gaan brul nie.

Toe hy gis­ter by die span se laas­te oe­fen­ses­sie voor­dat hul­le Nieu-See­land toe is, ge­vra is of dit sy laas­te wed­stryd in ’n Leeu­trui gaan wees, het Jan­tjies eers ge­sê “mis­kien”, maar net daar­na by­ge­voeg: “maar dit gaan nie wees nie”.

Ru­dolf S­tra­eu­li, die Leeus se uit­voe­ren­de hoof, het la­ter be­ves­tig on­der­han­de­lin­ge met Jan­tjies is nog aan die gang.

“Ons wil hê hy moet bly en hy wil ook bly. Ek glo ons sal bin­ne­kort tot ’n ver­ge­lyk kom,” het S­tra­eu­li ge­sê.

Jan­tjies is on­langs ver­bind met ’n skuif na Ier­land.

Die Leeus neem ’n groep van 25 spe­lers saam na Chris­t­church en die los­ska­kel S­haun Reynolds is ook deel van die groep.

S­wys de Bruin, die hoof­af­rig­ter, het sy dank uit­ge­spreek teen­oor die me­die­se span dat Dy­an­tyi en B­rink slag­ge­reed is.

“Uit­ein­de­lik was dit ’n baie goeie be­sluit om Aphi­we Sa­ter­dag teen die Wa­ra­tahs met rus­tyd van die veld af te haal toe hy be­gin voel het sy dy­spier trek. Al was dit toe 19-19, wou ek nie ’n kans met hom waag nie en boon­op het ons in Court­nall (S­ko­san) ’n won­der­li­ke plaas­ver­van­ger ge­had om by hom oor te neem. Die diep­te in hier­die groep is juis ’n groot deel van ons suk­ses,” het De Bruin ge­sê.

Dy­an­tyi het juis teen die Wa­ra­tahs ’n baie spe­si­a­le in­di­vi­du­e­le drie ge­druk toe hy sy eie steek­skop­pie uit die lug ge­vang en met ver­bys­te­ren­de vaart aan die bui­te­kant van die ver­de­di­ger ver­by is om 60 m ver te na­el vir ’n drie.

■ Leeus se groep vir die eind­stryd: An­dries Coet­zee, Ru­an Com­brinck, Li­o­nel Ma­poe, Ha­rold Vor­ster, Aphi­we Dy­an­tyi, El­ton Jan­tjies, Ross Cron­jé, War­ren W­hi­te­ley (k), Cy­le B­rink, K­wag­ga S­mith, Fran­co Mos­tert, Mar­vin O­rie, Ru­an D­rey­er, Mal­colm Marx, Ja­c­ques van Rooy­en, Cor­né Fou­rie, Dy­lan S­mith, Jo­han­nes Jon­ker, Ha­cji­vah Dayi­ma­ni, Lou­rens Eras­mus, Mar­nus S­choe­man, Dil­lon S­mit, S­haun Reynolds, Court­nall S­ko­san, Ho­ward M­ni­si.

Fo­to: GALLO IMAGES

K­wag­ga S­mith in die Su­per­rug­by-half­eind­stryd teen die Wa­ra­tahs in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.