K­wag­ga kan saak reg­stel in eind­stryd

‘Ek het sleg ge­voel daar­oor’

Die Burger - - 14 - Chris­to Bu­ch­ner

As daar een Leeus-spe­ler is wat in Sa­ter­dag se Su­per-eind­stryd teen die Cru­sa­ders in Chris­t­church ek­stra mo­ti­ve­ring sal hê, is dit K­wag­ga S­mith.

In ver­le­de jaar se eind­stryd moes hy die ver­ne­de­ring van ’n rooikaart smaak toe Ja­co Pey­per, die skeids­reg­ter, hom net voor rus­tyd af­ge­stuur het na­dat hy in die lug kon­tak met die Cru­sa­ders-heel­ag­ter, Da­vid Ha­vi­li, ge­maak het.

“Ek het dit be­slis nie doel­be­wus ge­doen nie en dit was nooit my be­doe­ling om e­ni­ge ska­de aan te rig of om die span in die steek te laat nie,” sê S­mith.

“Ge­luk­kig kon ek die week daar­na weg­breek na ons plaas toe (tus­sen Ly­den­burg en O­rig­h­stad) en daar saam met my ge­sin ont­span en weg­kom van rug­by,” sê hy.

“Tog was dit aan­vank­lik nie mak­lik nie en al was wat ge­beur het nie my skuld nie, het ek steeds sleg ge­voel daar­oor.

“Dit was baie spe­si­aal om van­jaar ’n S­pring­bok te kon word, maar ek moet sê as ons Sa­ter­dag die Su­per­tro­fee in Chris­t­church om­hoog kan hou, sal dit ’n groot droom wees wat be­waar­heid word,” ver­tel die man wat Al­ber­tus ge­doop is, maar sel­de so ge­noem word.

Wat glo hy sal no­dig wees om die Cru­sa­ders te klop? “Ons moet in ons­self glo en net fo­kus op wat ons moet doen. Hul­le (Cru­sa­ders) is ’n puik span, maar ek glo ons is net so goed.

“Ons moet by ons wed­stryd­plan hou en nie hul­le soort rug­by wil speel nie. Ek glo as ons speel soos ons kan en nie toe­laat dat hul­le ons in­ti­mi­deer nie, kan ons se­ë­vier.

“Ons het ’n baie er­va­re agt­tal wat met hul­le kan mee­ding, al het hul­le baie All Blacks. Ek voel ook ons be­reik nou ons bes­te spel­peil. Soms het din­ge deur die sei­soen nie so goed vir my ver­loop nie, maar ek speel nou weer soos ek weet ek kan.

“Men­se wil jou baie keer meet aan hoe­veel drieë jy druk en hoe jy rond­hard­loop op die veld, maar jy moet ook be­reid wees om die har­de werk te doen en soms am­per on­sig­baar te wees. Dit is my en Mal­colm (Marx) se werk om die bal­le te steel. Ie­mand soos Fran­co Mos­tert druk nie al­tyd drieë nie, maar hy is be­slis die hard­wer­kend­ste ou in ons agt­tal. Daar­om het ek die wê­reld se re­spek vir hom en be­skou hom as een van die bes­te slot­te in wê­reld­rug­by,” sê S­mith.

S­mith, ook ’n B­lits­bok, sê die skuif na die vyf­tien­man-ko­de was nie al­tyd mak­lik nie, “maar se­wes het my baie help groei as ’n spe­ler”.

Dié flank is fi­siek nie die groot­ste spe­ler nie, maar hy het baie krag. Hoe bring jy daar­die klou­tjie by die oor uit? “Ek skryf dit toe aan die har­de werk wat ek op die plaas doen. Ek ge­niet dit om baie fi­sie­ke werk te ver­rig en van jongs af het dit my ge­help om krag op te bou.”

Sal hy ná die rooikaart van die vo­ri­ge eind­stryd dit as ver­gel­ding sien as die Leeus Sa­ter­dag kan wen? “Ek sien dit eer­der as nog ’n ge­leent­heid vir my en die span om te wys waar­toe ons reg­tig in staat is.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.