Mit­chell het Blou Bul­le se vol­le steun, sê di­rek­sie

Die Burger - - 14 - Co­bus Claas­sen

John Mit­chell het die Bul­le se vol­le on­der­steu­ning.

Die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) het on­om­won­de dié ver­se­ke­ring ge­gee en be­na­druk Mit­chell is nie in on­guns by Lof­tus Vers­feld ná die Bul­le se te­leur­stel­len­de Su­per­rug­by-veld­tog nie.

Dit volg in re­ak­sie op ’n be­rig in Rap­port waar­in be­weer word dat le­de van die Bul­le se di­rek­sie Mit­chell, die span se hoof­af­rig­ter in die reeks, on­langs ge­pe­per het met vrae oor die span se swak ver­to­nings.

Die Bul­le kon net ses uit 16 Su­per­rug­by-wed­stry­de wen en het on­der­aan die pun­te­lys in die Suid-A­fri­kaan­se af­de­ling ge­ëin­dig.

Mit­chell het on­langs op ’n in­da­ba in Jo­han­nes­burg te­rug­voer aan die Bul­le-di­rek­sie ge­gee oor sy span se on­in­druk­wek­ken­de veld­tog.

Hy het ook sy stra­te­gie wat hy in die voor­uit­sig stel, aan die di­rek­sie­le­de en be­stuur voor­ge­lê.

Vol­gens die be­rig is die di­rek­sie in “twee ver­deel” en was daar die­ge­ne wat nie be­ïn­druk was met Mit­chell se voor­leg­ging nie.

Die BBM ont­ken die ge­rug­te ten sterk­ste en sê die voor­ma­li­ge All Black-af­rig­ter het die di­rek­sie en aan­deel­hou­ers se vol­le on­der­steu­ning.

Daar is voorts aan­ge­voer dat Mit­chell ’n spe­lers­be­gro­ting van R90 mil­joen soek met die oog op 2019 se Su­per­rug­by-reeks.

Hoe­wel die BBM nie in ’n nuus­ver­kla­ring hier­na ver­wys nie, word daar ver­trou­lik ver­neem die be­drag is die maat­skap­py se vol­le be­gro­ting en nie die spe­lers­be­gro­ting nie.

Mit­chell, die Bul­le se rug­by­hoof, het vroe­ër aan­ge­dui hy sal sy kon­trak ver­leng op voor­waar­de dat daar aan ’n wens­lys vol­doen word.

’n Gro­ter spe­lers­be­gro­ting was glo een van Mit­chell se voor­waar­des.

Dit na­dat die be­sluit­ne­mers by Lof­tus in A­pril in ’n mo­sie van ver­troue be­sluit het dat Mit­chell se kon­trak tot 2021 ver­leng moet word.

Hy het se­dert­dien nie pen op pa­pier ge­sit om sy kon­trak te ver­leng nie.

Mit­chell sal, met Po­te Hu­man wat aan­ge­stel is as hoof­af­rig­ter vir die ko­men­de Cur­rie­be­ker­reeks, by die Bul­le se ju­ni­ors be­trok­ke wees en sy plan­ne ag­ter­me­kaar kry vir aan­staan­de jaar se Su­per­rug­by-aan­slag.

Daar is glo in di­rek­sie­ge­le­de­re ge­vra waar­om Mit­chell nie, soos ver­le­de sei­soen, die span in die Cur­rie­be­ker-reeks af­rig nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.