Pai­ge nog lan­ger by C­hee­tahs

Die Burger - - 14 - O­wen Kock

Hy wil sy loop­baan te­rug op koers kry en daar­om is die S­pring­bok-skrum­ska­kel Ru­dy Pai­ge bly dat die C­hee­tahs sy kon­trak tot ein­de Ok­to­ber 2019 ver­leng het.

Hy het in Maart by die C­hee­tahs met ’n kort­ter­myn kon­trak van drie maan­de aan­ge­sluit na­dat hy ’n koue skou­er van die Bul­le se brei­er, John Mit­chell, ge­kry het.

Pai­ge was een van die staat­ma­kers in die Su­perS­port-uit­daag­reeks. Hy was ver­al do­de­lik in die kwart­eind­stryd teen die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie toe hy die Vry­staat XV-tal tot ’n plek in die half­eind­stryd ge­help het.

Daar was spra­ke met sy aan­koms in die Ro­se­stad dat hy in die Pro14-reeks in ak­sie sou wees, maar hy het nié speel­kans ge­kry nie.

“Ek wil my loop­baan weer op koers te kry, goeie rug­by speel en ’n by­drae maak. Dit gaan nie daar­oor om die Cur­rie­be­ke­rof Pro14-groe­pe te haal nie, want om te speel is die be­lang­rik­ste.

“Die be­sluit om die kon­trak-ver­len­ging te aan­vaar, was dus nie ’n pro­bleem nie,” sê die 28-ja­ri­ge Pai­ge.

Hy sê in die kort tyd­jie by die C­hee­tahs het hy ge­leer wat dit verg om ’n ge­vaar op skrum­ska­kel te wees, eer­der as om net ’n ver­sprei­der van die bal te wees.

Pai­ge is een van ses skrum­ska­kels in die C­hee­tahs se ver­gro­te groep saam met S­haun Ven­ter, Ti­an Mey­er, Zee Mk­ha­be­la, Di­an Ba­den­horst en Ru­ben de Haas.

Nóg ’n skrum­ska­kel in die groep, Ru­an van Rens­burg, is ver­le­de jaar op vleu­el in­ge­span en al­le aan­dui­dings is dat dit dié sei­soen weer sy voor­land kan wees.

Pai­ge, wat 13 toet­se vir die Bok­ke ge­speel het, sê hy was by die Bul­le en die Bok­ke ook in moei­li­ke si­tu­a­sies en die feit dat daar am­per ’n oor­aan­bod van skrum­ska­kels by die C­hee­tahs is, be­te­ken dat die me­de­din­ging so­veel ster­ker is. “Ek sal een­vou­dig har­der moet werk, my bes­te gee en in my­self glo. Dan be­hoort dit nie te moei­lik te wees nie. In elk ge­val, me­de­din­ging is goed vir die span en by die C­hee­tahs kom die span al­tyd eer­ste, nie die in­di­vi­du nie,” sê hy.

Pai­ge is Ro­se­stad toe ge­lok deur Fran­co S­mith (toe nog di­rek­teur van rug­by en nou hoof­af­rig­ter).

Pai­ge prys S­mith.

“Hy is ’n baie ge­dre­we af­rig­ter en weet wat­ter stan­daar­de hy van sy spe­lers soek. Hy weet waar­na­toe hy op pad is en ek weet ek gaan groei on­der sy af­rig­ting,” sê Pai­ge.

Die vas­kop­stut Gunt­her Jan­se van Vuur­en (22) het ’n kon­trak van twee jaar – tot ein­de Ok­to­ber 2020 – met die C­hee­tahs ge­te­ken.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ru­dy Pai­ge (links) was do­de­lik teen die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie XV-tal in die kwart­eind­stryd van die Su­perS­port-uit­daag­reeks in ’n koue, nat Kaap­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.