An­dy ‘’n groen­tjie’

Fe­de­rer sy in­spi­ra­sie

Die Burger - - 15 -

Vir An­dy Murray, die wê­reld se voor­ma­li­ge nr. 1-ten­nis­spe­ler, sou dit ge­voel of hy van voor­af met sy loop­baan be­gin toe hy van­og­gend (SA tyd) in Washington in ’n har­de­baan-toer­nooi in ak­sie was.

Dié B­rit sal van­dees­week in slegs sy der­de toer­nooi speel na­dat hy ’n jaar lank weens ’n heu­po­pe­ra­sie bui­te ak­sie was.

Hy sal ook die eer­ste keer se­dert die In­di­an Wells-toer­nooi in Maart 2017 har­de­baan-ten­nis speel.

“Dit voel half of ek weer heel­te­mal van voor­af be­gin,” het die 31-ja­ri­ge Murray Son­dag aan Ten­nis TV ge­sê.

“Ek was laas as ’n 18-ja­ri­ge in dié po­si­sie. Dit gaan taai, maar lek­ker wees.”

Murray, wat voor Wim­ble­don in drie wed­stry­de in gras­baan­toer­nooie ge­speel het, het weens sy lang af­we­sig­heid tot die 838ste po­si­sie op die wê­reld­rang­lys te­rug­ge­sak.

Hy het vroeg van­og­gend in die eer­ste ron­de van die Washington-Ope teen Mac­ken­zie M­cDo­nald te staan ge­kom.

“Ek voel nou be­ter as ty­dens die gras­baan-toer­nooie, want ek het ’n by­ko­men­de vier we­ke se oe­fe­ning ag­ter die blad.”

Vol­gens Murray was dit ’n moei­li­ke be­sluit, maar die reg­te een om hom aan die Wim­ble­don-toer­nooi voor sy tuis­ska­re te ont­trek.

“Ek het toe nog nie heel­te­mal ge­reed ge­voel om in vyf­stel­wed­stry­de te speel nie. Ek hoop nou dat ek reg vir die A­me­ri­kaan­se Ope is.”

Murray, ’n twee­ma­li­ge Wim­ble­don-kam­pi­oen, het die A­me­ri­kaan­se Ope in 2012 ge­wen.

Murray sê hoe­wel hy eers net bly is om weer te kan speel, is dit steeds ge­wel­dig be­lang­rik om te wen. “As ek el­ke week in die eer­ste ron­de gaan ver­loor, gaan ek dit be­slis nie baie ge­niet nie.”

Vol­gens Murray is sy doel­wit om ’n klom­pie wed­stry­de per toer­nooi te wen en so­doen­de sy rang­lys­po­si­sie met 300, 400 plek­ke per week te ver­be­ter.

Hy sê dis ook vir hom be­moe­di­gend om te sien hoe­veel suk­ses spe­lers soos Ro­ger Fe­de­rer en Ra­fa­el Na­dal steeds in hul 30’s be­haal.

“Dit gee my meer self­ver­troue. Ek moet my in­ge­steld­heid nou net op ’n vlak kry waar ek me­de­din­gend in groot toer­nooie kan wees.”

An­dy Murray Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.