Wie wil teen wie ba­klei?

Die Burger - - 15 - Mi­cha­el G­reen

Drie van die bes­te bok­sers in die wê­reld het on­der­steu­ners aan die gons.

Mi­key Gar­cia, Er­rol S­pen­ce en O­lek­san­dr U­syk ver­skyn op die mees­te kri­ti­ci se hui­di­ge ly­sie van die wê­reld se bes­te “pond vir pond-bok­sers”.

Dis daar­om dat ’n mens maar jou ore spits as hul­le iets te sê het . . . en hul­le sê heel­wat.

Gar­cia het die na­week, ná sy skit­te­ren­de oor­win­ning oor Ro­bert Eas­ter in Los An­ge­les, ge­sê hy wil nou teen S­pen­ce boks.

S­pen­ce is die In­ter­na­si­o­na­le Boksfe­de­ra­sie (IBF) se wel­ter­ge­wig­kam­pi­oen en Gar­cia is die IBF en Wê­reld­boks­raad (WBR) se lig­ge­wig­kam­pi­oen.

Daar is kri­ti­ci wat dink Gar­cia is gek, want dit sal be­te­ken dat hy twee ge­wigs­af­de­lings moet op­skuif om S­pen­ce aan te durf.

“Ek hou van ’n groot uit­da­ging,” was Gar­cia se woord na­dat hy met Eas­ter af­ge­re­ken het.

S­pen­ce was langs die kryt en het maar net ge­lag toe hy Gar­cia se woor­de hoor.

Hy het in­tus­sen ge­sê hy is reg om in No­vem­ber of De­sem­ber teen Gar­cia in die kryt te klim.

Nog ’n veg­ter wat be­reid is om ge­wig (of spie­re) aan te sit om sy droom te ver­we­sen­lik, is U­syk.

Dié ge­vaar­li­ke bok­ser van die Oe­kra­ï­ne is die IBF, WBR, Wê­reld­boks­ver­e­ni­ging (WBV) en Wê­reld­boks­or­ga­ni­sa­sie (WBO) se ju­ni­or swaar­ge­wig­kam­pi­oen.

Hy droom daar­van om die swaar­ge­wig-kam­pi­oen van die wê­reld te word.

“O­lek­san­dr soek An­tho­ny Jos­hua se bloed,” het A­lex­an­der Kras­synk, U­syk se pro­mo­tor, ge­sê.

Jos­hua is die WBV, IBF, WBO en In­ter­na­si­o­na­le Boks­or­ga­ni­sa­sie (IBO) se kam­pi­oen.

Hy ver­de­dig sy ti­tels in Sep­tem­ber teen A­lex­an­der Po­vet­kin van Rus­land.

U­syk hoop om vol­gen­de teen To­ny Bel­lew van B­rit­tan­je te boks. Dit sal sy eer­ste ge­veg in die af­de­ling vir swaar­ge­wig­te wees.

Dit klink nou of Bel­lew be­sluit het om eer­der ge­wig af te skud en as ju­ni­or swaar­ge­wig teen U­syk te veg. U­syk sal sy plan­ne om die swaar­ge­wig­af­de­ling te ver­o­wer, dalk moet uit­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.