Ney­mar er­ken hy speel to­neel

Die Burger - - 15 - – S­port­re­dak­sie

Ney­mar er­ken hy het som­mi­ge van sy re­ak­sies oor­dryf na­dat teen­stan­ders die bal by hom pro­beer af­neem het in die Wê­reld­be­ker-sok­ker­toer­nooi in Rus­land.

S­ports­net.ca be­rig die Bra­si-li­aan het Son­dag in ’n borg se ad­ver­ten­sie vir die eer­ste keer kri­tiek aan­vaar en be­lo­we om sy op­tre­de te ver­an­der.

Hy het twee doe­le in die toer­nooi aan­ge­te­ken en was min of meer op dreef tot­dat sy span in die kwart­eind­ron­de deur Bel­gië uit­ge­ska­kel is. Maar me­de­spe­lers en aan­han­gers het veel meer ge­gons oor sy “to­neel­spel” op die veld, waar hy erg oor­dryf het deur te val en op die grond rond te rol en boon­op ge­du­rig met skeids­reg­ters ge­stry het.

“Jy dink dalk ek oor­dryf. En soms oor­dryf ek wel. Maar die waar­heid is, ek kry s­waar op die veld,” sê hy in die ad­ver­ten­sie.

Ney­mar het se­dert Bra­si­lië uit­ge­ska­kel is slegs op In­sta­gram ge­praat oor die ne­der­laag in Rus­land. Hy pro­beer in die ad­ver­ten­sie ver­dui­de­lik hoe­kom hy nie di­rek ná die wed­stryd teen Bel­gië ge­praat het nie – iets wat selfs meer kri­tiek van­uit sy tuis­land ont­lok het.

“Wan­neer ek ver­kas son­der om on­der­hou­de toe te staan is dit nie om­dat ek slegs die lou­e­re van ’n oor­win­ning na­jaag nie. Dit is om­dat ek nog nie ge­leer het om jul­le te­leur te stel nie. Wan­neer ek on­be­leefd voor­kom, is dit nie om­dat ek ’n be­dor­we brok­kie is nie. Dit is om­dat ek nog nie ge­leer het om ge­frus­treerd te wees nie,” sê hy.

Ney­mar meen sy speel­styl kan met die van ’n klein seun­tjie ver­ge­lyk word. “Soms be­to­wer ek die wê­reld, soms ir­ri­teer ek die wê­reld.

“Ek veg om daar­die seun­tjie bin­ne my le­wen­dig te hou, nie op die speel­veld nie.

“Jy dink dalk ek val te veel. Maar die waar­heid is ek val nie. Ek het uit­me­kaar ge­skeur,” sê hy met ver­wy­sing na Bra­si­lië se ne­der­laag teen Bel­gië.

“Dit maak baie seer­der as wan­neer ie­mand op my ge­o­pe­reer­de en­kel trap.”

Die vi­deo ein­dig met Ney­mar wat be­lo­we om ’n nu­we man te wees.

“Dit het lank ge­vat vir my om jul kri­tiek te aan­vaar. Ek het deeg­lik in­tro­spek­sie ge­doen en ’n nu­we man ge­word.

“Ek het ge­val, maar slegs die­ge­ne wat val kan hul­self weer op­tel.”

Hy maan ook aan­han­gers om ’n keu­se te maak.

“Jul­le kan aan­hou klip­pe gooi. Of gooi hier­die klip­pe weg en help my om te staan. Wan­neer ek staan, staan die he­le Bra­si­lië saam met my.”

Fo­to: GETTY IMAGES

Ney­mar het he­wi­ge kri­tiek met sy “to­neel­spel” in die Wê­reld­be­kersok­ker­toer­nooi in Rus­land ont­lok.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.