I­s­ner sluit hom by VSA se ten­nis-le­gen­des aan

Die Burger - - 15 -

’n Raps meer as twee we­ke na­dat die A­me­ri­kaan­se ten­nis­spe­ler John I­s­ner in ’n ge­skied­kun­di­ge half­eind­stryd op Wim­ble­don die on­der­spit ge­delf het, het hy as oor­win­naar ge­skie­de­nis in At­lan­ta ge­maak.

I­s­ner, wat met 26-24 in die vyf­de stel van die lang­ste Wim­ble­don-half­eind­stryd in die ge­skie­de­nis teen Suid-A­fri­ka se Ke­vin An­der­son ver­loor het, het Son­dag die At­lan­ta Ope vir die vyf­de keer ge­wen.

Met sy se­ge van 5-7, 6-3, 6-4 oor sy land­ge­noot Ry­an Har­ri­son het I­s­ner slegs die vyf­de A­me­ri­ka­ner ge­word wat die toer­nooi vyf keer wen.

Die an­der A­me­ri­ka­ners wat dit kon ver­mag, Jim­my Con­nors, John M­cEn­roe, Pe­te Sam­pras en And­re A­gas­si, is al­mal ten­nis-le­gen­des.

Dit was ge­wis nie een­rig­ting­ver­keer vir I­s­ner nie.

Hy moes vier breek­pun­te af­weer op pad na sy se­ge.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.