Bry­son vra om ver­sko­ning vir pap hand­druk

Die Burger - - 15 -

Bry­son DeC­ham­beau het om ver­sko­ning ge­vra na­dat hy vir sy op­tre­de Son­dag op die laas­te set­perk in die Eu­ro­pe­se Ope-gholf­toer­nooi in Ham­burg, Duits­land, ge­kri­ti­seer is.

Die A­me­ri­ka­ner het sy kans op ’n se­ge weg­ge­gooi toe hy die laas­te vier put­jies vyf houe oor die baan­sy­fer vol­tooi het. Dit het ’n drie­dub­be­le brou­hou op die 18de put­jie in­ge­sluit.

Hy het vin­nig en half­har­tig die wen­ner, Ri­chard M­cE­voy, se hand ge­skud en haas­tig spo­re ge­maak om sy tel­kaart te gaan te­ken.

Die ver­to­ning het die aan­dag van baie ge­brui­kers op so­si­a­le me­dia ge­trek, ook dié van die En­gel­se gholf­spe­ler Ed­die Pep­pe­rell.

Kom­men­ta­tors het ook na DeC­ham­beau se op­tre­de ver­wys en ge­sê dit is in sterk teen­stel­ling met hoe spe­lers soos G­reg Nor­man en P­hil Mic­kel­son op ne­der­lae re­a­geer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.